Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Ons speel ‘Pokémon Go’ sodat jy iets beter met jou lewe kan doen

Ek was nog in die laerskool toe ek genoeg geld gespaar het (vir Kersfees daai jaar het ek my ouers ook gevra vir ‘n geldjie eerder as geskenke) sodat ek vir myself ‘n Gameboy kon koop. Ek het ‘n special by Reggie’s gevang waarby ek Pokémon Blue gekry het. Die game waar jy Pokemon vang en ander Pokémon trainers battle met jou Pokémon. Ek het fond memories van hoe ek en my Charmander ander Poke-trainers se gatte geskop het. Dus kon ek nie help as geintreseer wees toe ek hoor van Pokémon Go nie. Die 11 jarige seuntjie in my het terug verlang na die dae toe Pokémon battles my grootste probleem was.

Pokémon Go ‘n augmented reality game waarin jy Pokémon vang in die regte lewe. Met die hulp van die Pokémon Go game op jou foon kan jy soos ‘n irk rondloop en Pokémon sien wat op jou bank sit, en dan kan jy die klein goedjies vang, met ‘n Poké-ball op jou foon. Dit het vir my geklink soos nog ‘n manier om mense se oë geplak te hou op hulle foon se skerm, en dus moes ek dit ‘n try gee. Die game is in so groot aanvraag gewees dat hulle game servers dit nie kon hanteer nie, en dus het ek meeste van die tyd hierdie skerm gesien as ek die game probeer speel:

Pokémon Go server problems

Pokémon Go nog nie beskikbaar in SA nie

Die game was nog nie beskikbaar op die Google Play store nie. Ek het die 58mb game gedownload van ‘n site af wat baie dogegy lyk* en op my foon install. Iets wat ek nie sal aanraai nie, want jy moet die security settings van jou foon basies afsit om die game op jou foon te kry. Omdat jy die game nie op die Google Play store kan kry nie, kan die weergawe wat jy van die dodgy site af download natuurlik ‘n virus of twee wegsteek. Moet nooit sê ek doen niks vir julle nie.

Jy begin jou lewe in Pokémon Go deur te kies hoe jy as trainer gaan lyk. Die opsies is baie limited en jy kan basies kies tussen 3 verskillende haarstyle (almal met ‘n simpel hoed wat net Pokémon fans sal dink lyk cool), 3 verskillende hemde, 3 verskillende broeke en 3 verskillende pare skoene. Ek is seker daar gaan in game purchases wees om jou meer opsies te gee in die toekoms.

Ek is nie meer ‘n 11-jarige seuntjie nie

Na ‘n kort tutorial van die Professor Oak af, is ek losgelaat in die semi-regte wêreld om te begin Pokémon vang, met die een Poké-ball wat ek het. Ek het toe reeds onder Professor Oak se insturksie my eie Bulbasaur gevang, maar ek soek ‘n damn Charmander. Toe ek begin rondkyk deur my foon se skerm, sien ek my eerste wilde Pokémon, ‘n Abra.

Pokémon Go is lame

Die moeilikste deel van die Abra vang was om die fokken ding raak te gooi met my Poké-ball. Toe ek die eerste keer mis, toe dog ek my Poké-ball gaan moertoe wees, maar nope, ek kon net aanhou om my vinger te swipe oor my foon se skerm soos ‘n laaitie wat sy hand vir die eerste keer in ‘n girl se broek kry. Toe ek die Abra raak gooi, toe is hy in die bal. Vir ‘n kort-oomblik was ek bekommered dat hy weer sal uitspring voor ek hom met my pretty useless Bulbasaur sou moes bliksem tot hy net ‘n millimeter van sy lewe oor het en ek hom dan weer met my Poké-ball gooi, soos dit was in Pokémon Blue. Gelukkig gebeur dit nooit nie, jy hoef nooit ‘n wilde Pokémon te moer in submission in, in Pokémon Go nie. As jy die Pokémon raak gooi met die bal, is die moeilikste very.

Jy moet eintlik rondloop as jy Pokémon wil vang

Ek is ‘n old school gamer: Ek like van op die bank sit met ‘n controller in my hand, laat my game-karakter die meerderheid van die werk doen onder instruksie van my vingers. In Pokémon Go moet jy rondloop om in die regte lewe en deur jou foon staar na alles soos ‘n millenial-mongool sodat jy Pokémon kan vind om te vang.

Pokemon Go is shit

Jy kan ‘n item gebruik met die naam “Incense” om wilde Pokémon na jou toe te lok ook vir 30 minute. Ek het dit probeer en dit het net mooi niks gedoen behalwe dit laat lyk of my karakter op my foon ‘n pienk wolk gepoep het nie. Dus gee ek toe op na so minuut of twee van die pienk-wolk poepery. Dit is omtrent hier waar ek begin besef het dat hierdie game ‘n pot kak is.

Pokémon, Pokémon ooral

Elke keer as jy by die game in-log, dan word jy herhinder dat jy KONTstant aan jou foon se skerm vasgenael moet wees, want Pokémon is ooral. Dit is vir my vreeslik kommerwekkend. Elke keer as ek in my kar klim sien ek ‘n dom drol wat rondfok op sy of haar foon terwyl sy of hy bestuur, hulle vet gesigte gloei sommer so van die afkyk na die foon se skerm wanneer hulle eintlik op die pad moet kyk. Ek het al ‘n Digler gevang op my kar se stuurwiel, net toe ek in my kar klim. Ek het een aand voor my huis parkeer en Pokémon Go opgefire om te sien wat gebeur, en low and behlod daar was ‘n Pokémon om te vang, reg voor my speedometer. Dus kan ek jou wed daar sal dommies wees wat Pokémon Go terwyl hulle bestuur ook.

Pokémon Go is lame (4)

Pokémon wat ongelukke gaan veroorsaak wanneer dommies dit speel terwyl hulle bestuur

Daar is ook Pokéstops en “gyms” ooral. Ek is nie seker wat by die Pokéstops gebeur nie, maar hulle is gewoonlik waar daar een of ander landmerk is in die regte lewe, soos ‘n fontuin of ‘n standbeeld. By die gyms kan jy glo met jou gevangde Pokémon  ander Pokémon battle, maar ek kon dit nooit probeer nie want ek was nie level 5 nie. Ek het die game uninstall toe ek level 3 was.

Pokémon Go is lame (3)

Pokémon op jou bank en Pokémon by die local bar

Pokémon Go is ‘n moerse teleurstelling

Jy kan nie ander trainers fight nie en lyk my jy sal ook net teen computer Pokémon kan fight in die “gyms”. Hierdie game glad nie soos wat die Pokémon games was op my Gameboy nie. Ek haat al reeds die feit dat ek so afhanklik geword het van my foon en probeer om die ding so ver moontlik te vermy. Die lewe is te kort om dit deur ‘n foon se skerm te wil beleef. Nou probeer Pokémon Go my kry om nog meer na my foon te staar.

“Ja Stix, maar darem laat die game jou bietjie buite rondloop en oefening kry!” kan ek al klaar hoor hoe verdedig die idote die game.

Weet jy wat anders laat jou buite rondloop en oefening kry? Jou bene, jou nar. Jy het nie Pokémon Go nodig om te kan stap om die blok nie. Plus, die wêreld om jou is baie meer interesant as jy nie deur jou foon se skerm lewe nie.

Pokémon Go is lame (5)

Pokémon Go is lame. Los eerder jou foon by die huis en gaan hike ‘n bietjie, of gaan braai saam met jou vriende iewers in die bosveld. Ek het in totaal seker 20 minute op Pokémon Go gemors, sodat jy nie ook dit hoef te doen nie. 10 gevangde Pokémon later, en ek kan met alle eerlikheid sê dat ek eerder ‘n dratie sal kap as ooit weer Pokémon Go speel.

*As jy die game install en die security settings van jou foon verander, en jou foon opfok in die proses is dit net jou eie skuld. Moet dit nie doen nie! As jy dit doen sal gevaaalik.com en ek geen verantwoordelikheid aanvaar vir jou onnoselheid nie. Jy het dit uit eie keuse gedoen.

You may also like...

14 Responses

  1. Tian says:

    Pokemon GO is nogals n teleurstelling ek sal liewers n 3DS koop en Pokemon daarop speel, maar anders goeie “Review”…….. STIX

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Tian: Ja nee, 3DS is ‘n baie beter opsie. Thanks vir die lees en die gawe woorde Tian. Waardeer dit.

  3. Vannhh says:

    @Stix&Tian: Watse 3DS titles het julle? Enige voorstelle? Eks nou besig met SMT Devil Survivor Overclocked todat Monster Hunter Generations Vrydag uit kom.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Vannhh: Vir my was The Legend of Zelda: A Link Between Worlds ‘n baie cool game. Monster Hunter 4 is ook great. Mario Kart 7 is ook fun. Vir my is 3DS games meestal oor die nostalgie wat dit uitbring in my. Ek game meeste van die tyd op my Xbox. Speel tans weer Red Dead Redemption aangesien dit sedert laas Vrydag backwards compatible is op Xbox One.

  5. Vannhh says:

    @Stix: Awesome collection. Ek het gewonder oor link. Gaan jy MH Generations optel? As jy doen moet ons n hunt reel een of ander tyd. Selfde vir my met die XBox One. Backwards compatibility is die beste move wat Microsoft kon maak. Besig met Mad Max op die oomblik, post apocalyptic is die shit. Sit ook vas by die Nameless King op Dark Souls 3. Multiplayer is crutch wat ek bietjie exploit het, en nou is ek overlevelled en sien nie regtig meer summon signs nie.

  6. Gerhard says:

    Ek het pokemon go gegoogle – toe kom ek op die site uit en ek moet sê: Die is seker DIE KAKSTE review wat ek nog ooit gelees het! Level 3 toe skryf jy n review!? Jy is nog in die tutorial stage van die game! So as die eerste 10 minute van n fliek tos is, is die heele fliek dan sommer kak? en dan skryf jy n review? en dan is jy nog boonop n hypocrite! “ek wil nie die heeltyd na my cell phone staar nie” maar ek sal na n PC screen staar terwyl ek die snot skryf??? loop bietjie om die blok – wanneer in jou lewe het jy sommer maar net om die blok gaan loop? please! wat jy basies sê is “ek is n lui kont wat nie my gat kan lig om die game te speel nie en dis hoekom dit nou sommer kak is! Ja nee wat laat ek die site verlaat – kan actually myself voel dommer word net deur jou random ramblings te lees!

  7. Ruan Stix Fourie says:

    @Gerhard: Hey Gerhard, welkom hier by gevaaalik.com. Gaan jy omgee as ek jy vra presies wat jy geGoogle het? Was dit net “Pokemon Go”?

    Hier by gevaaalik.com vat ons nie dinge te ernstig op nie. Ons en die mense wat ons site like is laid back mense wat hou van lag. Baie van ons content is satiries van aard, soos die Pokémon Go stukkie wat jy ‘n review noem. Dit is nie ‘n review nie, dit is ‘n stukkie komedie, wat baie mense laat lag het.

    Al speel ek nie Pokémon Go nie, het ek al baie ander Pokémon games oor die jare gespeel. Ek is ook ongelooflik beindruk met die sukses van die game. Dit is undeniable. Ek het ook nog nie een keer vir iemand wat ek sien die game speel, gesê hulle moet ophou daarmee nie. Ek skryf nie sommer ‘n review nie, nie meer nie en veral nie oor goed wat ek nie van hou nie. Dit het al gebeur dat ek na 15 minute ophou om ‘n fliek te kyk, ek het al uitgeloop by flieks, soos American Sniper. My tyd is vir my kosbaar en ek gaan dit nie mors op iets waarvan ek nie hou nie. Dit keer natuurlik ook niemand anders dat hulle hul tyd daarvoor kan gebruik nie. Selfs mense wat Pokémon Go speel het al gesê dat die stukkie hulle lekker laat lag het, al is dit vir hulself. In my ondervinding is mense wat vir hulself kan lag onmiddelik minder van ‘n doos.

    Ek stem 100% saam met jou, jy moet die site verlaat. Want as jy enigsins dommer word gaan jy seker ophou asemhaal, deur jou bek.

  8. CpL KaNe says:

    rekt

  9. honjon says:

    Ek stem saam met Gerhard, Stix is ‘n mega kont!

    Pokemon Go is uit die aard van die saak bo sy vuurmaak plek! Laat ek weer sê, Stix is ‘n hol joller!

  10. Jacques says:

    @Gerhard: Ek speel self Pokemon Go en is al lvl20. Het baie lekker gelag vir die stuk. Ek dink jy moet bietjie n lag kan vat pella. Als in die lewe is nie so ernstig nie. Veral nie n game nie.
    Lekker dag my maar
    Onthou om asem te haal

  11. HW says:

    Haaaaaaa!!!

  12. Ruan Stix Fourie says:

    @honjo: Hahahaha. Bly #MyHonjotjie maak ook ‘n draai by die party!

  1. July 12, 2016

    […] Ons speel Pokemon Go sodat jy nie hoef nie. Lees daaroor hier. […]

  2. July 14, 2016

    […] As jy nog nie Pokemon Go gespeel het nie, en nie vir moer weet hoekom almal so aangaan oor dit nie, ons het dit gespeel sodat jy nie hoef nie. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *