Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Apple iPhone 5

Tim Cook deel ‘n kollektiewe orgasme uit. Vryf hom, Tim.

Het jy gehoor daar is ‘n nuwe Apple iPhone bekendgestel?

Fok, natuurlik het jy. Dit is moeilik om dit mis te loop met dié dat die hele media (veral op die internet) hulself die afgelope paar maande keer op keer bekom elke keer as daar net die kleinste stukkie skindernuus uit Fort Apple in Kalifornië ontsnap. Nou is die iPhone 5 hier.

Die media het ‘n snaakse verhouding met Apple. Hulle vertel heeltyd vir ons hoe Apple en Samsung mekaar probeer screw met hofsake en hoe die Chinese maatskappy wat die iPhone aanmekaar sit ‘n hedendaagse slawedrywer is (hulle maak ook die Xbox, Wii en Kindle, so moenie te gou smug voel nie, jou bastard). Die volgende dag is die joernaliste egter soos vyfjariges by ‘n partyjietafel. Hoewel Brendan gister vir Chrisjan dik gebliksem het by die kleuterskool, is Brendan wel by Chrisjan se partyjie, en all is forgiven, want hier is dan nou mos swiets. Hulle kan nie fokken wag om hulle pakkies oop te ruk en die swiets te vreet nie, maar daar is nog nie vir die verjaarsdagmaatjie gesing nie (nie dat iemand juis ‘n shit omgee vir hom/haar nie), die koek is dus nog nie gesny nie, so nou vertel hulle maar heeltyd vir ons dat dit amper tyd is. Dis amper tyd, hoor. Amper tyd. Ek dink daar’s ‘n rooi suigstokkie in my pakkie. En fokken Nik Naks. Dalk het Siri ‘n update gekry. Dalk gee sy/hy nou ook blowjobs – wat moeilik gaan wees, want hierdie iPhone gaan dunner wees as die vorige een, wat amper presies dieselfde gelyk het.

Soos die Porsche 911: If it ain’t broken, why fix it?

Die huidige CEO Tim Cook is nou nie so populêr soos His Most Royal and Holy Highness Saint Honorable Reverend Professor Doctor Father Steve Jobs nie, maar somehow kry hy dit nog steeds reg om die massas belangstellendes te laat kom soos by ‘n Romeinse orgie, selfs na maande se oordadige foreplay wat sekerlik ‘n paar skaafplekke en seer elmboë en skouers tot gevolg gehad het.

Die fok weet dit raak nou eentonig.

 

En hier’s ‘n toepaslike video waarvoor jy sardonies kan lag.


 

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *