Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

7 Afrikaanse Memes Instagram accounts om te volg

Afrikaners is bekend vir hul sin vir humor, en al is Afrikaanse komedie nie meer wat dit was nie is daar ‘n nuwe generasie Afrikaanse komedie wat kom saam met die digital age. Memes is internet komedie op sy beste, en deesdae is daar al hoe meer Afrikaanse memes wat die internet tref en die res van ons laat lag. Instagram is ‘n great plek om hierdie memes te sien te kry.

Instagram is 100% ‘n millennial speelgrond en dus moet jy maar weet dat as jy nie tans op skool of ‘n student is nie, gaan party van die memes miskien nie vang nie. Party van die memes het my verseker al so bietjie oud laat voel. None the less, daar is komedie-goud as jy net weet waar om te kyk en hier is 7 van die snaakste Afrikaanse Meme Instagram accounts om te volg.

Afri.lol

Afri.lol se Instagram bio sê die volgende: “Grappe, Memes en alles wat snaaks is!”

Meer as dit kan ek jou nie regtig vertel nie, maar as Afrikaanse memes is wat jy soek, sal jy dit kry by Afri.lol. 22.1k Followers kan seker nie verkeerd wees nie.

A post shared by AfriLOL.com (@afri.lol) on

A post shared by AfriLOL.com (@afri.lol) on

A post shared by AfriLOL.com (@afri.lol) on

Savage_gedigte

Savage_gedigte post nie net memes nie, maar ook gedigte wat savage is. Net soos die naam dit sê. Jy kan selfs jou eie gedig stuur vir hulle om te deel met Savage_gedigte se 8.5k followers. Dan is daar natuurlik ook Afrikaanse Memes wat gedeel word.

vat_nie_kak_nie_memes

Rof, reguit en vat nie kak nie, dit is vat_nie_kak_nie_memes. Die meerderheid van memes hier is verseker gemik o millennials, maar soos jy hier onder sal sien is daar Afrikaanse Memes wat jou hardop sal laat lag. Die account het 18.7k followers.

nommer_een_vuil_uil

Nie net ‘n Afrikaanse Meme account nie, maar die nommer_een_vuil_uil het ook sy eie merch range wat jy kan koop. Pette, t-shirts, beanies en selfs wife beaters vir die ouens wat like van sonder moue rond loop omdat hulle dink dik arms en ‘n Vaalie-tan is cool. Met 12.6k followers en ‘n goeie sin vir humor sal die uil jou kan entertain.

afrikaansmemes

afrikaansememes is ‘n paar vriende sover ek kan aflei. Mense stuur vir hulle videos wat hulle dan post en van die videos is beter as ander. ‘n Video van ‘n spul ouens wat op ‘n grondpad dans is byvoorbeeld vir my fokol snaaks, maar hierdie video hier onder is ‘n ander storie. Steeds, met 31.4k followers is die Instagram account een van die grootstes en as hulle jou video share gaan baie mense hom kyk. En ek like die ouens agter die account, want enige persoon wat met Affies spot is ‘n bra van my.

antigriet

Ek vermoed dat antigriet nie eintlik ‘n antie is nie, maar eerder ‘n jong dame. Regardless, daar is amper daagliks nuwe memes op hierdie account. Die tema van drank kom baie op in die account en jy sal ook moet leer oor terme soos “squad”, “fam”, “bae” en ander terme wat hoërskoolkinders gebruik want hierdie account is verseker meer gemik op daardie demographic. Steeds, 32.7k followers is die meeste van enige account wat ek hier deel vandag. Dit sê iets, ek weet net nie presies wat nie.

Insoosgin

insoosgin is die Afrikaanse Memes account met die minste followers, net 1987. insoosgin is ook die account wat my in die Afrikaanse Meme rabbit hole af gestuur het. Die res is geskiedenis. Die laaste foto hier onder is ‘n meme wat insoosgin gisteraand gedeel het wat ek gedink het is fokken snaaks, net jammer iemand het dit report en die meme is toe deur Instagram delete. insoosgin het weer die meme gepost met die piel geblur, maar Instagram het dit weer remove want een of ander sad tosser het weer die post report. Jissis, niks pis op komedie meer as ‘n oorsensitiewe grensgat nie. Gelukkig het ek ‘n screenshot gekry so ek deel dit ook maar met jou hier.

Anyway, insoosgin is great, so druk daardie follow knoppie.

A post shared by AFRIKAANSEMEMES (@insoosgin) on

A post shared by AFRIKAANSEMEMES (@insoosgin) on

A post shared by AFRIKAANSEMEMES (@insoosgin) on

Afrikaanse Memes - @insoosgin

Mis ek enige goeie Afrikaanse Memes account?

Waar kry jou Afrikaanse Memes fix? Is daar iewers wat ek van moet weet? Los jou voorstelle in die comments en othou om jou Afrikaanse Memes te email na gevaaalikdotcom@gmail.com dan deel ons dit met die gevaaalike lesers in die Random Gevaaalikhede.

You may also like...

5 Responses

  1. Meemer says:

    @sletstefanie

  2. Amanda says:

    @opkikkers afrikaans

  3. Melissa says:

    @opkikkers afrikaans

  4. HL says:

    @kakntand

  1. June 5, 2017

    […] As jy hou van Afrikaanse Memes dan moet jy hierdie Instagram accounts volg. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *