Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

4/20 Jozi D Day

Dat dagga nog onwettig is in meeste van die wêreld is net bewyse van hoe onnosel die mense wat ons regeer is. Maak nie saak of jy dagga as ‘n medisyne gebruik en of jy dit gebruik om te ontspan nie, die feit van die saak is dat dit baie beter is vir jou as twee legal drugs, tabak en alkohol. Die grootste probleem wat marijuana terug hou is omdat mense nogsteeds die liegstories glo oor die plant.

420 Jozi D Day

Dit is waaroor die 4/20 Jozi D Day gaan. Dit is ‘n fees om cannabis te vier en mense te leer oor dagga. As jy nie weet waaroor 420 gaan nie lees gerus die verduideliking op Wikipedia. Vanaf 12:00 op Saterdag 20 April 2013 kan jy ons join by die 4/20 D Day en saam met ons die kuns en kultuur van dagga vier.

Daar gaan live musiek wees met bands soos Tidal Waves, Documentary Screenings, 4:20PM Photo Shoot, “Confession Booth”,  A Graffiti Wall,  Art Exhibition en nog vele meer. Beste van alles is dit is free. Alles gebeur op die hoek van Kruger & Fox, The Maboneng Precinct, Down Town Jozie.

So kom maak ‘n draai en leer iets terwyl jy lekker kuier. Vir meer info gaan loer gerus na die event page op Facebook.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *