Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

2013 MK Awards: Die Van Coke Kartel Awards

Die 2013 MK Awards het gekom en gegaan vinniger as een van Kim Kardashian se verhoudings. Die awards is uitgedeel en overall het die wat moes wen, gewen. Die aand het, soos laasjaar, behoort aan Van Coke Kartel, wat weer weggestap het met 3 awards onder die arms. Bouwer Bosch en Jaco van der Merwe het die aand vir ons gehost. Wie sou nou kon dink dat twee ouens met baarde so mooi kan aantrek?

MK Awards 2013

Op die black carpet moes jy fotograwe en mense wat onderhoude voer dodge. Daar is baie van Suid-Afrika se “famous” mense gewees en enige iemand wat soortvan ‘n naam het in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf was daar. Dit is op die black carpet waar ek die eerste keer amper kontak gemaak het met Roxy Burger. Ek het ‘n groot crush gehad op haar in haar K-TV dae. Gelukkig het ons nie kontak gemaak nie, ek was so besig om fotograwe te vermy dat ek vir Roxy amper uit die aarde geloop het. ‘n Noue ontkoming vir ons alby.

Die award show het 19:00 begin en ek was verbaas om weereens oop sitplekke te sien in die Staatsteater. Ek het 3 sitplekke langs my oop gehad, maar ek het nie gekla nie. Terwyl ek gesit en wag het vir die show om te begin het ek gesit en rondkyk om te sien wie sit rondom my. Roxy Burger sit toe in die ry agter my. Tydens my gewag het ek verveeld geraak en soos ‘n goeie kind van die technological age het ek gedoen wat almal anders doen, begin tweet.

Roxy Burger Tweet

Die award wenners het gelyk as volg: Beste Video – Van Coke Kartel – Tot die Son Uitkom, Beste Nuweling – Gangs of Ballet, Beste Groep –  Van Coke Kartel, Beste Rock – Van Coke Kartel, Beste Solo – Jeremy Loops, Beste SFX/Animasie – Haezer ft. Lark – Brave, Best Dance – Johnny Neon – Hearts, Beste Indie – Shortstraw, Beste Live Act – The Black Cat Bones, Beste Musiekfees – Oppikoppi.

Die Parlotones was genominate vir twee awards, maar gelukkig het hulle niks gewen nie. As die Parlotones iets gewen het dan sou ons niks van die toekennings ernstig kon opneem nie. By die after party het almal lekker gekuier. Niemand was dronk nie. Dit mag dalk wees oor jy R20 vir ‘n bier of R52 vir ‘n dubble rum en coke moes betaal.

Die jaar se MK Awards was baie beter as laas jaar. Dit is great om te sien dat die musiekbedryf in Suid-Afrika darem in die regte rigting beweeg. Ek is nuuskurig om te sien wat die volgende MK Awards inhou. Hier onder is die video vir Johnny Neon se “Hearts”, die video wat Beste Video gewen het. Die video het R15 gekos om te maak.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *