Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

SA Krieket ontvang eindelik goeie nuus.

Na so teleurstellende wereldbeker is daar weer ‘n silver randjie om die swartwolk wat al vir maande oor ons krieketspan hang. Daar is gister aangekondig dat Gary Kirsten sal oorneem as die Proteas se hoof afriger, hy sal vergesel word deur Alan Donald (Boul afrigter) en Russel Domingo as assistent afrigter. Nou vra jy wie dehel is Russel Domingo? Wel, dis die ou hoof-afrigter van die Warriors en ‘n man wat reeds almal se respek gewen het. Ek persoonlik sou Alan vervang het met gevaaalik.com se eie skrywer, Stix, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.

“I’m delighted by the appointment and consider it a major honour,” het Kirsten gese, nadat hy as ons nationale krieket afrigter aangewys is. Kirsten het reuse sukses behaal as afrigter van Indie, tydens sy lopie by die span het hy hul tot nommer 1 op die wereldranglys gevat en hul ook as eendag wereldkampeioene laat kraai, iets wat geen afrigter nog ooit in SA kon reg kry nie. Hy sal begin afrig op 1 Augustus 2011 en het reeds gevra dat die publiek geduldig moet wees met hom.

SA krieket het in die selfde konforensie gehoor dat AB de Villiers sal oorvat as T20 en eendag kaptein, nog goeie nuus as jy my vra. Dankie tog ons is eindelik ontslae van die arrogantste kont in ons land se sport geskiedenis. Net jammer Greame gaan steeds inbeheer wees van die toets-span.

Vir nou sal ons moet wag en sien, ons kan eindelik weer krieket kyk met hoop. Eks 99% seker dat as ek weer ‘n post doen oor die Proteas dit sal wees omrede ons uiteindelik iets gewen het.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *