Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Stoker – Fox in a Hole review

Februarie maand het ek ‘n draai gaan maak in die Kaap. Een van die dae wat ek daar onder was het ek bietjie na Kill City Blues toe gegaan. Na ek al die ander ouens van Taxi Violence gegroet het (ek het saam met Louis daar aan gekom) het George my gesê om hom te volg. Ons loop toe agter die recordin g desk in.

“Jy moet hierdie nuwe band hoor wat hulle nuwe EP nou hier record. Jy gaan dit like.”

Stoker - Fox in a Hole

Die band waarvan George gepraat het was Stoker en wat hy oppad was om vir my te speel was die instrumentals van twee van Stoker se nuwe songs vir die EP Fox in a Hole. En George was reg, ek het gehou van wat ek hoor. En nou kan jy ook Stoker se EP Fox in a Hole luister.

Iets wat Suid-Afrika vir lank gekort het was oorsrponklike Engelse bands. Daar was een of twee wat uitgestaan het, maar die res van hulle was maar baie generies. Oor die laaste paar jaar het Suid-Afrika se musiek industrie ongelooflik gegroei en die internet het gehelp exposure kry. Stoker is een van die bands wat iets nuut tafel toe bring.

Cut opening track, “Cut the Flow”, maak dit van die begin af duidelik dat hierdie iets anders gaan wees. Die lead guitar werk is kinda haunting en dit herhinder my aan iets, maar ek kan nie my vinger daarop plaas nie. Die tempo van die song bou op in golwe en dit is awesome. Volgende begin “Fox in a Hole” speel en herken dit dadelik as een van die songs wat ek gehoor het toe ek in Kill City Blues was daardie dag. Dit is van die begin af ‘n vinnige song met ‘n hipnortiserende ritme wat gehou word deur die bass en die drums.

Ek begin weer luister na die lead guitar en die single ringing notes herhinder my beslis aan iets ek kan net nie my vinger daarop plaas nie. Maar teen die eerte refryn besef ek dit herhinder my aan Josh Homme en wat hy doen met ‘n guitar. Dit feit date k aan Josh Homme herdinder word is glad nie ‘n slegte ding nie.

Dit is asof Stoker hulle eie desert rock ding begin het onder in Kaap stad. “Phillistine” se lirieke preek amper vir mens: “I’ll set you free, this is not your fate.” En dan by min of meer 02:40 verander die song, asof dit geskryf is vir Tom and Jerryf, tot die dromme weer hard inkom. Tom en Jerry op Steroids, deur ‘n amplifier met distortion. Ek love elke oomblik daarvan.

“Take what you want” begin weer met ‘n baie cool base line. Die is die ander song wat ek gehoor het by Kill City Blues en net soos op daardie dag het hy my weer gegryp. As ek ‘n single moes kies van Fox in a Hole af dan sou dit “Take what you want” wees.

“Minor Designer” is ‘n konstante change in tempo en daar moet props gegee word vir die backing vocals. Daardie geskree vir die chorus werk mooi en dan ‘n pause vang vir ‘n instrumental break wat klink soos Pulp Fiction-esque surfer rock wat in ‘n kop aan kop botsing was met the Ramones, en dit is ongelukstoneel wat ‘n smile oor my gesig laat kruip.

Die internet is n wonderlike ding, jy kan die hele Fox in a Hole EP nou stream van Stoker se Bandcamp page af. Of jy kan dit hier onder luister. Dan as jy dit klaar geluister het kan jy die link deel met jou vriende, help bietjie goeie musiek deel met die massas. Of jy kan selfs die album koop teen ‘n prys van jou keuse.

Die vraag wat baie opkom wanneer ek goeie local bands se musiek hoor is: “Wat as Pearl Jam of Foo Fighters daardie song gespeel het?” In hierdie geval sale k dit eerder so stel: “As Queens of the Stone Age enige van die song vanaf Stoker se Fox in a Hole album gespeel het, sou dit nie net ‘n hit gewees het nie, maar jy sou selfs die musiek op 5FM of Tuks FM gehoor het.”

Kry vir jou die Stoker EP en deel dit met jou vriende, gaan ondersteun Stoker by hulle live optredes, want net soos Queens of the Stone Age se musiek awesome is, is Stoker se musiek ook awesome. Die res van die wêreld moet nog net leer van Stoker.

You may also like...

1 Response

  1. April 14, 2015

    […] We Set Sail/Howard Roark), Zack Emmanuel op bass (Filth), Chris de Wet Bornman op chorus vocals (Stoker/Dead Lucky), George van der Spuy op drums en vocals (Taxi Violence/Goodnight Wembley) en Nicolai […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *