Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Mastodon – Black Tongue

So deur al die kak en hare kan ons seker probeer weg kom van die aleerdaagse depressing nuus. Een ding wat my altyd laat beter voel is musiek. Vandag luister ons na “Black Tongue” van Mastodon. As jy meer wil weet van Mastodon kan jy hier lees, ek het al van hulle musiek met julle gedeel.

Mastodon Black Tongue

“Goddank vir klank” soos Fokofpolisiekar dit so mooi gestel het. Dit sorg nie net vir ‘n great soundtrack tot jou lewe nie, (behalwe as jy Afrikaans-pop luister) maar dit kan ook jou gemoedstoestand verander. Die feit dat ons deesdae pretty much enige tyd of plek kan luister na einige musiek van ons keuse is iets wat ons vergeet nie ‘n vooreg is wat almal het nie. Dit is asof musiek jou kan weg vat na ‘n ander plek.

Hier onder is die video vir “Black Tongue”. Sit agteroor, relax, haal asem en laat Mastodon jou ore vul. As jy die video kyk kan jy sien waar kom daardie image hier bo vandaan.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *