Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Marley Natural – Bob Marley se siel word verkoop deur sy familie

Ons ken almal vir Bob Marley. Of jy nou dagga (of herb, soos Bob dit geroep het) gebruik of nie, jy ken vir Bob Marley. Hy was een van die eerste groot public figures wat gepreek het oor die positiewe aspekte van die marijuana plant. Die mure van prohibition is stadig maar seker besig om inmekaar te stort. Goeie nuus, maar ook sleg. Veral as jy dink dat corporates nou gaan inspring, want daar is mos geld om te maak.

Bob Marley Herb quote

As jy al in enige shop of plek was wat dagga related paraphernalia verkoop het, het jy al Bob Marley se gesig gesien, most likely unlicensed. Dink jy dit sou vir Bob gepla het as hy nog gelewe het? Ek twyfel. Marley Natural gaan nou marijuana produkte verkoop onder die Bob Marley naam en image.

Bob se familie reken dat hulle nie gelukkig is met hoe Marley se beeld gebruik word sonder license in baie pot shops rondom die wêreld nie. Ek dink hulle wil net hulle sakke vol geld stop. Nie geld vir hulle eie creation of creativity nie, maar vir oorlede Bob se creativity en wat hy create het. Ek is seker as Bob die advertensies hier onder sien sal hy omrol in sy graf. Die boodskap van liefde wat Bob Marley gekweek het kom versker deur, maar hoekom voel dit so gross? Ek vermoed dit is oor dit nie regtig oor Bob se boodskap gaan nie, dit gaan oor jou kry om iets te koop.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *