Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dawn of the Planet of the Apes

Nee, die titel gaan nie oor Suid-Afrikaanse politiek nie. Dit gaan oor iets wat baie meer vreesaanjaend is. Dawn of the Planet of the Apes is die follow-up vir die prequel van The Planet of the Apes, Rise of the Planet of the Apes. Maak sin nê? Wat jy wel moet weet is dat Rise of the Planet of the Apes ‘n baie cool fliek was. En die nuwe instalment in die Planet of the Apes reeks lyk net so cool.

dawn-of-planet-of-apes

Ja, daardie is ‘n spies.

Daar is baie diere wat my bang maak. Ons is een van die diere wat my bang maak. Leeu, haai, swart renoster, wolf, beer, swartwlidebees en nog vele meer. Tog is daar een tiepe waarvoor ek die heel bangste is, die great apes. Gorilla, chimp, bonobo, orangutan, daai outjies. Daardie wat weet dit gaan baie skade doen as hulle jou vingers af byt, en dan juis doen. Soos die Chimp wat reguit gaan vir jou knaters, want hy weet presies wat dit is en hoe dit gaan voel as hy dit af ruk.

Kyk die trailer vir Dawn of the Planet of the Apes. Dan kry jy vir jou so paar kettlebells, miskien kettlebells wat lyk soos great apes. Begin maar oefen want jy gaan moet sterk wees wanneer chimps begin perde ry.

You may also like...

2 Responses

  1. pisgesig says:

    Ape het moontlik die “uncanny valley” effek op mense. Dis ‘n emotionele aversie response op dinge wat naby aan, maar nie heeltemal, menslik voorkom. Soos ‘n realistiese android, of ‘n aap wat menslik optree. Sien : http://en.wikipedia.org/wiki/Uncanny_valley

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @pisgesig: Yes. Soos by 00:45 in die trailer, daardie oë. So menslik dat dit scary is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *