Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wie’s Bang – Van Coke Kartel

Wie’s Bang is die long awaited vierde album deur die Afrikaanse rock band Van Coke Kartel. Jy weet wie Van Coke Kartel is. En as jy nie weet nie het jy klaarblyklik verdwaal op die interwebs en deur gevaaalik.com se voordeur gestrompel. Jy is nou baie bang en verward en weet nie wat om te doen nie. Wel, jy het twee keuses:

a) Bly hier, lees verder en vind ‘n nuwe outlook op jou lewe.

b) Hardloop met jou stert tussen jou bene na ‘n propaganda website soos Huisgenoot en bly ‘n breinlose skaap.

Ok, bly om te sien jy is nog hier. Hier is die album art van Wie’s Bang en ook die track listing met ‘n klein verduideliking oor elke song, direk vanaf Van Coke Kartel se site. Rock en fokken roll!

Nou Of Nooit:
“Dit is ‘n harde rock tune met ‘n bietjie van ‘n punk invloed. Dit is Francois se gunsteling op die album. Jason se dreunende dromme hardloop van begin tot einde. Die tune vra maar net of daar iets eg in die wêreld oor is.”

Dis ‘n Land:
“Ons het die eerste lyn van die koor geleen by Carike Keuzenkamp se klassieke liedjie, “dis ‘n land van kleure en klank”. Dit is ons land.”

Dankie, Ek is veilig hier:
“’n Rustige song wat net werk. Dit gaan oor geld en die tekort daaraan. Hy is een van ons gunstelinge.“

Doodsdreigemente:
“Francois het hierdie song begin skryf na ‘n kommentaar op Mahala wat gesê het dit sal beter wees as hy dood was. Dit was seker nie regtig ‘n doodsdreigement nie, maar defnitief iets om oor te dink.”

Brein Verloor:
“Dit is ‘n grunge song. Dit is die eenvoudigste snit ooit met ‘n hoeklyn in die koor: ‘Ek wil my brein verloor’.”

Tot die son uitkom:
“Dit is ons eerste regte rock ballade. Jedd het met ‘n klassieke, sagte kitaar riff opgekom. In een middag het Francois en Jedd een van Van Coke Kartel se sterkste singles ooit gekomponeer. Verbeel jou Stairway to Heaven ontmoet Afrikaans.”

Einde Van Die Wêreld:
“Ons het die meeste tyd in pre-produksie op hierdie song spandeer. Dit het deur verskeie fases gegaan voor ons by die finale weergawe uitgekom het. Dis ‘n sagter rock tune met ‘n treffende koor: ”Ons sal altyd die einde vrees, dit gaan die einde van die wêreld wees”. Die song het ‘n onheilspellende ondertoon en met hierdie lirieke gee dit ‘n apokaliptiese gevoel.”

Moenie Dink Nie:
“ ’Moenie dink nie, moet ook nie te veel nuus kyk nie.’ Dit is ons sarkastiese uitkyk oor die situasie in ons land en die eindtye.”

Chaos (met Jack Parow):
“Hierdie song handel oor hoe chaoties die wêreld op die oomblik voorkom. Jack rap in die verse.”

Wie’s Bang:
“Dit is die eerste song wat ons saam geskryf het as die ‘nuwe en offisiële vierstuk Van Coke Kartel’. Voorheen het Francois en Wynand al die songs geskryf. Die titelsnit vat die tema van die album saam: die einde van die wêreld is naby. Die universele fenomeen rondom 21-12-12 beïnvloed baie van Francois se lirieke op die album.”

Nevermind:
“Nevermind het ‘n folky geur. Al ons vriende van Bellville (aKING, Die Heuwels Fantasties en Fokofpolisiekar), sing saam op hierdie een.”

Vir Almal:
“Dit is een van die hardste songs op Wie’s Bang en die tweede snit wat Van Coke Kartel geskryf het as die nuwe eenheid. Vir Almal is vervaardig deur Peach van Pletzen by B Sharp Studios. Hierdie snit slaan ‘n harde hou wat aangevuur word deur Francois se kragtige vocals.
Vir Almal is gratis beskikbaar by www.vancokekartel.com en is 7 000 keer binne die eerste 24 uur nadat die snit beskikbaar gestel is, afgelaai.”

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *