Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Vodafail: Net goed vir kak diens

Die 3G-internet en selfoonseine in Suid-Afrika is meer frustrasie as fokken plesier.

Soms wil ek moord pleeg, soms wil ek huil, soms wil ek deur mure hardloop, en soms alles in sig breek. Die kak sein in hierdie land maak my klaar.

Vandag is alle besighede afhanklik van een of ander vorm van die internet. Of dit nou e-mails, of Skype is, en of dit bloot net is om info te soek, elke besigheid het dit nodig.

Nou wil ek weet, hoekom die fok is die 3G-internet en selfoonseine in SA so kak?  Wat het gebeur in die afgelope ses maande dat dinge so agteruit gegaan het? Ek dog nog altyd dis net Cell C wat so kak is, maar almal moan oor dieselfde ding. Of jy nou by Vodacom is en of jy by MTN is, almal is ewe kak en ewe useless. Dit vat my fokken 25 minute om ‘n YouTube video van vir minute te kyk. Ek kan nie ‘n oproep vir langer as twee minute hou nie. Vertel my asseblief, Vodacom, hoe moet ek fokken besigheid doen? Ons is heeltemal afhanklik van hierdie geldgurige konte, ons betaal elke maand vir ‘n diens, maar wat kry ons? ‘n Groot vet “fok jou” afsny-geluid.

Ek is by Vodacom– ekskuus, Vodafail, en ek vloek hulle ten minste 15 keer per dag. Ek wens een of ander reguleerder wil iets aan hierdie saak doen. Kan hulle nie die kak companies fine of iets nie? Dis nie eers asof enige van hierdie companies peanuts aanvaar vir ‘n kontrak nie. Alle selfoonkontrakte is fokken duur.

Oh well, mens moet seker maar onthou mens bly in Afrika en dit so aanvaar. Ek het sopas weer ‘n boodskap gekry dat daar geen sein is nie. Hoe ironies. Die mense moet ophou geld spandeer aan duur (en baie kak) advertensies en liewers belê in hul infrastruktuur.

Hopelik sorteer iemand dit uit voor ek hierdie republiek se volgende massa-moordenaar word.

You may also like...

1 Response

  1. Endzeit says:

    Wel daar is iets soos die CPA (Consumer Protection Act) wat jy kan toepas om hulle in tou te kry. Asook websites soos HelloPeter.com waar jy kan gaan moan sodat almal dit kan sien en weet hoe kak hulle is. Meeste groot companies hou die website dop vi enige kak wat oor hul gese word. Het eenslag oor KFC gekla en n refund gekry en twee vouchers. Try dit?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *