Uit die blou Random Gevaaalikhede

3006 post. 3007 as jy die een tel. Dit is hoeveel post ek persoonlik al op gevaaalik.com geplaas het. Opinie stukke, Stoute Boudjies, Vrydag Bederf en natuurlik die Random Gevaaalikhede maak ‘n groot deel van daardie 3007 posts. Daar is natuurlik ook stukkie oor musiek, games, festivals en net wat die fok anders ek wil oor post. Dit is die groot voordeel van jou eie publikasie bestuur, jy kan maak wat jy wil. Daardie voordeel is ook voordelig vir jou, want ek kan aanhou om vir jou die tipe post te gee wat jy wil sien. Die nadeel is dat ek nou moet vondese insamel sodat ek gevaaalik.com se hosting vir nog ‘n jaar kan betaal.

Ek kry die vondese bymekaar met ‘n raffle waar jy ‘n ‘Gevaaalik op ‘n dansbaan’ hamper kan wen ter waarde van R1729. In die hamper is ‘n bottel tequila, twee gevaaalik.com t-shirts, ‘n Randella beursie, Jack Parow se Africa 4 Beginners album en ‘n Bewell Bamboo Zebra Wood watch. Die trekking vir die hamper word 4 Mei gedoen en die wenner sal gekontak word per e-pos op 5 Mei om delivery te organise. Jy kan jou kaartjie (of kaartjies) hier koop en dan help jy so om gevaaalik.com op die interwebs te hou vir nog ‘n jaar van Random Gevaaalikhede en al die ander goed wat jy smaak van gevaaalik.com. Die mikpunt is om 70 kaartjies te verkoop en so die R2100 in te samel vir die site se hosting vir die jaar. Dankie vir jou digital high five.

P.S. Kaartjies kan gekoop word met EFT or kaart. Hier onder is ‘n foto van die ‘Gevaaalik op ‘n dansbaan’ hamper.

Geniet die Random Gevaaalikhede op ‘n Woensdag.

As jy nie geld het om ‘n raffle kaartjie te koop nie, laat jou vingers die klik werk doen op so paar van die advertensies hier onder, dan help jy ook deur so paar cent te maak vir gevaaalik.com.

Loading…

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *