Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Twenty-One Pilots – ‘Stressed out’ maak my nostalgies

Dit is nie baie wat ‘n song op my tafel land en ek eintlik betaal word om daarna te luister nie. Dit is hoe ek ‘Stressed Out’ van Twenty-One Pilots vir die eerste keer gehoor het. Dit is ‘n lekker song wat baie van julle ook sal geniet, maar die song het my ook baie nostalgies laat voel. Heelpad deur die song het ek gedink aan ‘n tyd toe dinge meer eenvoudig was. Nes ‘n ou oom, raak ek nostalgies oor die “ou dae”.

Dit kan seker wees oor die lirieke: “Wish we could turn back time, to the good old days”

Miskien is dit omdat ek nou verantwoordelik is vir ‘n mens grootmaak. Nie net grootmaak nie, maar ‘n mens grootmaak wat nice is.

Dinge het verseker al baie verander in die 30 jaar wat ek op die planeet is. Dit was sekerlik weke voor iemand, familie of vriend, ‘n foto van my gesien het. My kind gebore is, is sy gesig uitgebassyn oor WhatsApp. Meer mense het hom in enkele minute gesien as wat my gesien het in die eerste jaar wat ek gelewe het. Geen wag vir foto’s om te ontwikkel van film af nie, dit nou nadat jy reeds gegaan het na ‘n plek wat die film kan ontwikkel. Ons het nou die luxury om oomblikke in ‘n oogwink met mense om ons te deel, ongelukkig beteken dit ook dat ons privaatheid besig is om te verdwyn, een megabyt op ‘n slag.

Albasters

 

Dit is ook snaaks hoe toe ek 9 jaar oud was ek net een besitting gehad het wat regtig vir my belangrik was: My albasters. Ek is seker my seun se belangrikste besitting gaan nie albasters, ‘n yo-yo of ‘n top wees nie, maar tien teen een iets wat nog nie eers bestaan nie. Ek hoop regtig dat dit iets is wat my kind ook sal kan doen buite, saam met sy vriende, soos wat ek albasters gespeel het. In realiteit gaan dit seker ‘n Xbox of ‘n ding wees, wat ook cool is op sy eie manier.

My fiets het van die ouderdom van 11 vir my ook baie belangrik geword. Dit was hoe ek by my vriende se huis kon uitkom sonder om afhanklik te wees van my ouers vir vervoer. Die Tesla Model S kan reeds op “Autopilot” homself beheer en teen die tyd wat my kind 11 is gaan daar seker karre wees wat hulself bestuur ook, heeltemal. Ek het vir ure in die strate rond gejaag op my fiets en dit is ook iets wat al reeds nie deel van meeste kinders se lewe is nie.

Snaaks as jy terug kyk dan dink jy altyd dinge was beter in die verlede, maar dit is nie altyd nie. Meeste van die tyd is daar ‘n positiewe angle aan alles. Jou smartphone is dalk ‘n probleem oor jy te veel na die skerm staar, maar gelukkig kan jy cool musiek ook luister enige tyd en enige plek, soos wat ek na die Twenty-One Pilots album geluister het. Hel, jy kan selfs nou die album koop van jou foon af! Verby is die dae van CD winkel toe moer op jou fiets.

Gaan kry sommer nou vir jou Twenty-One pilots se album, en luister die song hier onder. Dan laat weet jy my in die comments waaroor jy nostalgies raak.

Disclaimer: Hierdie is ‘n sponsored post wat help om gevaaalik.com aan die gang te hou.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *