Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Tesla South Africa, want ek soek ‘n Model S

Die Tesla is niks nuut nie. Dit is die elektriese wat alle ander elektriesekarre laat lyk het soos ‘n grap. Vandat ek vir die eerste keer een gesien het, wou ek een hê. Die idee van Tesla South Africa maak my bly.

Tesla South Africa Model S

Tesla South Africa

Gelukkig is daar nou sprake daarvan dat Tesla uiteindelik gaan beskikbaar wees in Suid-Afrika. Daar gaan ‘n kantoor of dealership wees in die Kaap en dan sal ‘n Gauteng tak seker volg. Al wat ek weet is dat dit vir my goeie nuus is, want dit sit my een stappie nader aan ‘n Tesla van my eie kry.

Hoekom soek ek so graag ‘n Tesla? Verskye redes, maar meestal omdat dit die kar van die future is. Ek glo vas dat smart cars die norm gaan wees binne tien jaar. ‘n Smart car is ‘n kar wat jy net kan in klim en dat sê jy vir hom waarheen hy jou moet vat.

“Dit sal nie binne die volgende tien jaar gebeur nie dumbass.”

Tog het Tesla reeds ‘n Autopilot funksie vir hulle karre. Google het al vir ‘n paar jaar ‘n kar wat homself kan ry. As jy nie dink dit kan gebeur nie, dan sou jy seker een van die mense gewees het wat net 200 jaar terug gesê het mense sal nooit kan vlieg nie en die vliegtuig is net ‘n droom.

Ek sal like om te kan sit en werk terwyl my kar my werk toe vat. Tog, wil ek steeds my kar self kan beheer wanneer ek lus is. Dit, plus die Tesla Model S is net sexy as fuck. Hoekom sou ek nie een wou hê nie? Ek is seker dat Tesla in Suid-Afrika nie goedkoop gaan wees nie, so ek spaar reeds vir my Model S. It’s the way of the future.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *