Stoute Boudjies voor ek vertrek na die woestyn

More vlieg ekna Kaapstad, en 48 uur later vlieg ek weer terug. Alles net vir die shoot van twee episodes van die nuwe Via TV program waarop ek gaan wees. Ja, ek weet dit is baie ironies dat ek op Via TV gaan wees. As jy enigsins vir jouself kan dink, dan is dit duidelik hoekom ek en ander “vloggers/bloggers/Instagrammers” nou deel geword het van Via se groter plan: Hulle wil hul gehoor bietjie uitbrei.

Ek sal self nie eers kan kyk wanneer ek op die kassie is nie, want ek het nie DSTV nie en ek is verseker nie van plan om agteruit te beweeg en DSTV te kry nie. Tog sal dit my glad nie verbaas as ons “spin off programme” sien kom van hierdie program waarop ek gaan wees nie. Miskien net op YouTube, maar moontlik ‘n Showmax show? Wie weet. Wat ek wel weet is dat dit nie fancy is om op Via TV te wees nie. Ek meen, Karlien van Jaarsveld kon dit regkry. Tog is dit goeie exposure vir gevaaalik.com en Afrikaners soos ek en jy. Hier onder is die ander 50 sekonde video van my wat ek gemaak het vir die nuwe program. Sal die video dit ooit maak tot op die kassie? Kyk maar en dan laat weet jy my of jy dink dit is te rof vir Via TV, al is dit censored. En asb, as die video jou laat giggel share dit asb met jou vriende, los ‘n like en miskien ‘n comment.

Geniet die week se Stoute Boudjies.

Loading…

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *