Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Snorgustus by Aandklas Hatfield

Voordat gevaaalik.com nog ‘n twinkel in enigeen van ons se oë was, nog voor Movember op die scene gekom het, lank voor zef commercial was, en lank voor die krag van die snor werklik besef is, het Posduif besluit om die eerste Snorgustus party te reël. Soos die naam dui, was dit snortyd in Augustus!

Om die tema van hierdie event te steun en om jou beter te laat verstaan hoekom dit “Snorgustus” is, wil ek hê jy moet die volgende proses stap-vir-stap volg:

1.Vind ‘n rustige plek en word kalm.

2.Vind jou innerlike middelpunt en maak die deure van jou verstand oop.

3.Vra jouself die volgende vrae:

• Waarsonder het jy ‘n cowboy nog nooit gesien nie? (Dit sluit sy geweer uit.)

• Wat is die enigste begeerte van ‘n Ninja?

Indien jou antwoord op beide vrae “die Snor” is, is jy 100% korrek en sal ek dit waardeer as jy ons op 27 Augustus kan join!

Net om bietjie te recap: Die eerste Snorgustus was ‘n klein event. Dit was  slegs vir close pelle en niemand het geweet wat om te verwag nie. Die party was ‘n moerse hit en Rietvleidam was die befokte venue vir wat ons wou bereik. Vir twee jaar het Snorgustus die vreedsame Rietvleidam op horings geneem, en elke jaar het dit net groter en sterker geraak. Mense was met elke event meer entoesiasties, hemde is geprint en CD’s is gerip spesiaal vir die event. Vreemde mense het ons begin vra wanneer die volgende snorparty is, en die dansbaan was altyd vol.

Zef was ons koningkryk en elke jong held het sy snor soos ‘n kroon gedra. Die atmosfeer was vol trots soos die manne met hul nuut gegroeide liplapas gepronk het. Nadat golfstokke weggeslinger is in ‘n dronk poging om ‘n gholfbal te slaan, het die party behoorlik vlamgevat. Straf drinks is uitgedeel en die dansbaan was gevaaalik. Ons het meteens besef dat Snorgustus te groot en te sterk geword het vir Rietvleidam.
Dit was toe dat die manne hier by gevaaalik.com hul zefkrone bymekaargesit het en met die nuutste idee opgekom het.

Ons hier by gevaaalik.com is baie trots om julle in kennis te stel dat ons Snorgustus (tradisioneel ook Posduif se verjaarsdagparty) nie net na die next level gaan vat nie, maar dat Snorgustus hierdie jaar bonus stage toe gaan! En julle is almal genooi. (Drum roll please.)
Dié jaar word Snorgustus aangebied deur Aandklas Hatfield! Ja, jy’t fokken reg gehoor. Nou as jy regtig poesdom is en nie kon aflei waaroor hierdie kak gevaaalike party gaan nie, moet jy nou mooi luister.

‘n Snor is ‘n vreemde en verbasende ding. ‘n Snor is iets wat dadelik respek kry voor jy nog jou mond oopgemaak het om te begin praat. ‘n Snor verseker vir jou van ‘n plek in die ry by die bank, sommer fokken heel voor en niemand gaan jou keer of grens daaroor nie. ‘n Snor is zef. ‘n Snor is iets wat net eenkeer ‘n jaar deur jou en al jou pelle gegroei word – en dit is tydens Snorgustus. So stof jou dansskoene af, gaan haal die meel en stuur jou naaste vriend om dadelik ‘n techno-treffer op die radio te pomp: Dit is tyd om te fokken party met ‘n snor, pel.

Hoe laat?

Verrigtinge begin op 27 Augustus regstreeks om 11:00 V.M (in die oggend, dus) te Aandklas Hatfield. Sodra die party begin sal jy jou bier teen die spotgoedkoop prys van R10 kan koop. Jy kan teen R12 ‘n cider vir jou cherry koop sodat sy haar jaloesie kan wegsuip omrede sy nie ‘n snor kan groei nie. (Indien jou girl ‘n snor het, versoek ons vriendelik dat jy haar by die huis los.)

Wat kan jy kry?

Die dag gaan gekenmerk word deur baie suip en baie pryse. Daar sal tot 18:00 N.M (dis die namiddag) pryse uitgedeel word, so maak seker jy groei ‘n wilde snor en moenie vergeet om jou dans moves te oefen nie. Daar is nog ‘n hele paar surprises wat vir julle wag. Wie is ons nou om alles te kom uitblaker op die eerste post!

Wat moet jy bring?

Die heel eerste ding is jyself met ‘n kak gevaaalike snor. Maak ook seker jy bring al jou fokken pelle sowel as hul snorre. Inden jy ‘n cherry het, moet jy haar en al haar hot vriendinne ook bring. Die single ouens wil ook ‘n shot hê om miskien ‘n cherry te kry. Bring ook ‘n gevaaalike party vibe en jou beste dansskoene. En as jy iemand ken wat kan teels lê, bring hom ook, want daar gaan baie gesmelt word. Die ou met die gevaaalikste Snor gaan ‘n fokken poes cool prys wen. Ons weet wat die prys is, maar ons kan dit nie nou al vir julle spoil nie, julle sal doodgaan van opgewondenheid.
Ek wil net ‘n versoek aan Oom Pep rig vir hierdie jaar se party: Pepi, ons is almal baie lief vir jou en ons verstaan jou soms pleinweg net verkeerd, maar moet asseblief nie hierdie jaar jou visstokke na die party bring nie. Die tyd vir mieliebomme rol is verby – dis party tyd, pappa!

Vir meer info gaan kyk gerus na Aandklas se Facebook event page, Snorgustus.

You may also like...

2 Responses

  1. July 22, 2011

    […] jy nog nie weet daarvan nie Snorgustus is gevaaalik.com se eerste full on event. So gaan lees die Snorgustus info en kom join ons vir die gevaaalikste party in […]

  2. August 3, 2011

    […] is 'n wonderlike maand vir die wat wil party. Oppikoppi die naweek en dan op 27 Augustus is dit Snorgustus 2011 by Aandklas Hatfield. Ons vuur Posduif se verjaarsdag, ons gaan suip, ons gaan dans en ons gaan […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *