Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dames en CS:GO – Valkyrie Challenge

Tech Girl was gaaf genoeg om ons the nooi om die Valkyrie Challenge the gaan bywoon. Van die begin af was ek al opgewonde oor die event. Die Valkyrie Challenge is 2 van die top dames spanne wat teen mekaar speel vir R50 000. Die spanne is Amaryllis Gaming en Energy Finesse.

 

Ons het daar aangekom met ‘n moerse verwelkom. Daar was free snacks, drinks en goodies. En soos almal in die wêreld love ek ook free stuff. Dit was op die intrap slag vrek besig, die hele ontvangs area was bedek net mense wat op Asus se Republic of Gamers laptops speel. Ek het self ‘n paar rondte CS in gewerk.

Die Evetech arena was packed gewees. Die groot afwagting is amper klaar. En van die grootste all ffemale challenges in SA skop nou af. Energy get die eerste rondte relatief maklik gevat met Amaryllis wat eers hier aan die einde die girls bietjie gebruik het. Die Tweedie rondte was nie so maklik nie. Amaryllis het ons gewys hoekom hul deel was van die match. Alhoewel Energy die 2de rondte ook gevat het was dit nie maklik nie, en Amaryllis was kort kort voor op die telbord. Ek het baie neutraal geskree, maar by rondte drive, was ek after die underdogs, Amaryllis. Na ‘n harde rondte get Energy Amaryllis verslaan om die wen te vat. Energy stap weg met R50 000 in prysgeld. Moet niks weg vat van Amaryllis af nie, hulle het werklikwaar hul vrou gestaan.

Die Valkyrie Challenge was n awesome event wat great gereel was. Van die casting en Pannell tot die verversings wat aangebied was. Hoop ons sien you weer matches van die sport. Dankie Mettlestate, Evetech en Tech Girl.

You may also like...

2 Responses

  1. August 7, 2017

    […] Gevaaalik Gaming was by die Valkyrie Challenge en Jacques het ‘n YouTube video daarvan gemaak. […]

  2. August 10, 2017

    […] Ja, daar is dames wat deelneem in eSports in Suid-Afrika. As jy nie geweet het nie, kyk hoe het een span R50 000 gewen terwyl die Lions verloor het. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *