Ou skei en verloor sy werk. Perfekte tyd vir hom en vriend om motorfietse so ver noord te ry as moontlik
Die lewe skop jou soms wanneer jy reeds op die grond lê en tjank. Tog is die lewe moeilik vir ‘n rede: Sodat jy kan leer uit jou foute. Sebastiaan de With en sy vrou is geskei en hy het sy werk verloor. Eerder as om homself te vergryp aan drank en dwelms het Sebastiaan en sy vriend Stuart Philkill besluit om 11 000 myl te ry op motorfietse vanaf San Francisco, California tot die Alaskan Arctic paaie opgehou het.
Wat gevolg het was ‘n epic trip waar Sebastiaan en Stuart altwee duisende foto’s geneem het. Hulle het die fondse wat nodig sou wees om die trippy te maak bymekaar gekry deur Kickstarter voor hulle vertrek het. In ruil daarvoor het hulle besluit om die hele trip te document en ‘n fotoboek daarvan te maak.
Ek het onlangs ook bietjie deur Suid-Afrika gery, en die laat my dink dat ek ook so iets wil doen.
Vir meer, loer na die Reddit thread of Sebastiaan en Stuart se Ride North website, of kyk na die Imgur album.

Atigun Pass in die Arctic, dis die mees noorderlike streek van Alaska

Crater Lake, Oregon. Ongelooflik.

Nog ‘n view van Crater Lake

Smith Rock in Oregon

‘n Ferry in Washington State

Hurricane Ridge in Washington

Olympic National Park in Washington

‘n Bok in Olympic National Park

Die moterfiets waarmee die manne gery het. Niks fancy hier nie.

Oppad na Portland in Oregon

Weird mense is ooral, veral by ‘n bicycle rave in Vancouver, Kanada

Iewers in Kanada

Een van die plekke waar die manne kamp opgeslaan het vir die aand in British Columbia, Kanada

Vriende wat Sebastiaan en Stuart gemaak het op hul trippy

Glacier suid van die Yukon

Alles is beter saam met ‘n vriend. Sebastiaan en Stuart neem saam ‘n foto in die Yukon

‘n Reënboog wat afgeneem is oppad na die Yukon

‘n Foto geneem op Golden Gate Bridge, oppad terug na hulle huis in San Francisco