‘n Geheime video en Vrydag Bederf
“Soundcloud rappers”. Dit is ‘n ding. Gewoonlik ouens wat hul gesigte tattoo en rap songs op Soundcloud post. Party van die ouens word ongelooflik populêr en kry dan record deals. Post Malone is een van die “Soundcloud Rappers” wat dit gemaak het. Al sukkel ek om dit rap te noem, want dit is verseker nie soos Nas of Jay-Z nie. Hy doen meer ‘n praat-sing tiepe ding, want gegrond is in folk. Natuurlik is hy omsingel deur ander moderne rappers, en dit is nie altyd vir my nie. Post Malone se storie is wel vir my interesant omdat dit ontstaan het uit ‘n social media platform in die vorm van Soundcloud. Hy het nou “Song of the Year” gewen by die MTV Video Music Awards vir “Rockstar”. Dit is overly produced FL Studios to the max. Tog is die feit dat FL Studios en Soundcloud iemand so populêr en suksesvol kan maak is vir my moer interesant. Party noem hom ‘n “culture vulture” oor hoe hy gekapitaliseer het op iets wat tans trend. Post Malone is 23 jaar oud.
Geniet die Post Malone geheime video en die week se Vrydag Bederf.