Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

‘n Beterweter, maar tog is hy so suur

Ek het ‘n snaakse e-mail gekry oor die naweek. Die eerste ding wat vir my opvallend was van die mail is hoe baie die skrywer my haat, al ken hy my van geen kant af nie. Mens kan sien dat die persoon gereeld gevaaalik.com besoek, al haat hy die site en my SO baie. Ek het gedink ek sal dit maar met julle deel sodat die gevaaalik.com lesers self kan sê wat hulle dink van die in die comments:

“Stix,

Dit is vir my snaaks hoe jy so baie mense kak gee maar eintlik is jy ‘n patetiese klein mannetjie wat die internet surf en kak praat vir ‘n werk. Je het geen idee wat ‘n regte werk behels nie. Wie het jou die reg gegee om Afrikaans-pop te spot of te se dat rugby gay is? Jy praat groot vir iemand met geen talent nie.

Om die Stoute Boudjies en Vrydag Bederf te doen elke week is nie moeilik nie. Enige iemand kan dit doen. Jy is mos net ‘n copy van daardie Wat kyk jy ou. Die goed waaroor jy skryf en die goed waat jy doen op gevaaalik.com bewys dat jy kinderagtig is.

Word groot jou fokken loser.

Groete,

‘n Beterweter”

Internet Troll

Die is die anatomy van alle internet trolls (soos ‘n Beterweter), nie net forum trolls nie

‘n Beterweter nogal. Waar sal ek begin?

So graag soos wat ek sou wil hê dat gevaaalik.com my enigste werk moet wees, is dit nog nie daar nie. Dus is jou eerste stelling nie heeltemal akuraat nie. Podcasts (ek neem aan dit is waar hy my hoor kak praat) en gevaaalik.com is nie my werk nie, maar ek werk daaraan. Duidelik haat jy jou werk. Ek is jammer om dit te hoor. Hier kan ons wel die eerste drastiese verskil tussen my en jou uitwys; Ek probeer om iets waarvoor ek regtig lief is my werk maak. Jy, aan die ander kant, haat jou werk want jy doen iets wat nie geniet nie, tog wil dit nie voorkom asof jy iets doen om dit te verander nie. Jy gebruik eerder jou tyd om my te vertel hoe groot doos ek is.

Ja, gevaaalik.com mag dalk eendag my full time job wees, maar dit is oor ek al vir 3 jaar kliphard werk aan gevaaalik.com, terwyl ek ‘n werk het. Dit is nie die ou wat ‘n Audi ry se skuld dat hy ‘n Audi ry en jy ‘n fucked -up Uno nie. Dit is jou skuld oor jy niks in jou lewe verander wat gaan veroorsaak dat jy jou Audi kry nie. As jy nie in ‘n cubicle wil werk nie, of as jy nie wil in ‘n kantoor werk waar jy nie kan grappies maak nie, of as jy nie ‘n sekere manier wil aantrek om te kan werk nie, dan moet JY dit verander.

Ek gaan ver-fokken-seker nie jammer se vir die feit dat ek werk aan iets wat ek geniet en wil doen as ‘n full time job nie. Ek is jammer jy haat jou werk en voel dus jy moet ‘n suurpoes wees met my, al ken jy my van geen kant. Ek is nie jammer dat ek eendag ‘n werk gaan doen waar ek zol kan rook of bier kan drink terwyl ek werk nie.

Om die Stoute Boudjies of die Vrydag Bederf elke week te doen is nie moeilik nie, maar dit vat tog tyd. Jy sal verras wees as jy sien hoeveel tyd dit eitlik vat. Jy moet net onthou dat die Vrydag Bederf en die Stoute Boudjies nie al is wat op gevaaalik.com verskyn nie. Ek sal met graagte wil sien hoe jy met ‘n content schedule soos gevaaalik.com sin cope vir ‘n week lank. Dan is daar natuurlik die press releases wat gelees moet word en in meeste gevalle oorgeskryf moet word, want meeste is in Engels.

Ek is altyd oop vir kritiek. Ek spel soos my gat, ek is defnitief nog ver van ‘n Hunter S. Thompson klas skrywer en ek is die eerste een om te erken as kritiek reg is. In die geval wil dit vir my voorkom of jy net suur is en gevoel het jy moet jou stem dik maak in a attempt om my ook suur te maak. Iets wat nogal baie mense doen op die internet omdat dit so maklik is om weg te kruip agter ‘n skuil naam. Dit is baie makliker om iemand anders te vertel wat hy/sy verkeerd doen as wat dit is om jou eie omstandighede en lewe te verander.

Om jou eie omstandighede te verander vat werk. Jy kan doen met jou lewe net wat jy wil en jy kan ook doen vir ‘n lewe net wat jy wil. Maar een ding wat jy verseker moet weet is dat daar geen free rides is nie. As jy dit jou werk wil maak, gaan dit werk verg. Miskien sal jy beter af wees as jy jou energie eerder op iets positief gebruik, in plaas van om vir my mails te stuur oor hoe kak ek is.

Bottom line: Jy hou dalk nie van wat ek doen nie, maar vir elke een wat nie daarvan hou nie is daar 20 wat daarvan hou. Plus, ek geniet dit en ek kan regtig nie minder van ‘n fok voel oor of jy dit geniet of nie. Ek doen nie gevaaalik.com omdat ek elke suurpoes met ‘n agenda wil tevrede stel nie. So gaan klim nou maar op Twitter en maak ‘n fake account net om my kak te gee, dan kyk jy wat bring dit jou in die sak. Daar is reeds so paar van daardie Twitter accounts daar buite, en hulle is so bruin soos Jacob Zuma oor hoe ek heeltyd my gat aan hulle affee.

You may also like...

9 Responses

  1. Danielle says:

    Dat mense tyd het om sulke snert vir geen rede te skryf en te stuur… Ek kan net sien hoe lees Beterweter die brief met entoesiasme vir Meervreter (sy bleek vroutjie) terwyl hulle wip-wip sit en sweet in hulle vests…
    Begin jou eie blog as dit jou so pla bra.
    Nou mors jy die goeie man se tyd. Tyd wat hy kon tiete soek vir die volgende stoute boude.

  2. John says:

    ag… nobody cares

  3. Stephanie says:

    Stix, jy weet jy is self n troll…
    maar jinne tog, wie de hel dink die ou is hy…
    If you dont like it…. leave!!!!

  4. Tomas says:

    Fok daai ma se p*€$,klomp mense smaak die site,ek weet ek kyk elke liewe woensdag en vrydag daarna 🙂

  5. pisgesig says:

    Ag jong, jy weet, almal het seker hulle plek\doel – ons het trolle ook nodig. Kyk nou net hoeveel plesier tap ek uit Stix se comeback op die werf-etter se tos email.

    En hier is my comeback – “Wie het jou die reg gegee om Afrikaans-pop te spot of te se dat rugby gay is?” Vier vark steaks my maat – het jy al ooit gehoor van debat, opinie of spraakvryheid? Gaan tos eerder rond op WKJ

  6. Andre says:

    Stix, ek dink jy het dit verkeerd benader. Hier is wat ek sou gedoen het…

    “Stix,
    Dit is vir my snaaks hoe jy so baie mense kak gee maar eintlik is jy ‘n patetiese klein mannetjie wat die internet surf en kak praat vir ‘n werk.(Dis nie my werk nie, maar in ‘n perfekte wereld was ek nou dronk terwyl ek hier tik)
    Je het geen idee wat ‘n regte werk behels nie. (Ek weet hoe om jou ma te werk)
    Wie het jou die reg gegee om Afrikaans-pop te spot of te se dat rugby gay is? (South Africa is probably the most liberal in granting freedom of speech, however in light of South Africa’s racial and discriminatory history, particularly the Apartheid era, the Constitution of the Republic of South Africa of 1996 precludes expression that is tantamount to the advocacy of hatred based on some listed grounds.[3] Freedom of speech and expression are both protected and limited by a section in the South African Bill of Rights, chapter 2 of the Constitution. Section 16 makes the following provisions:
    § 16 Freedom of expression
    (1) Everyone has the right to freedom of expression, which includes-
    (a) freedom of the press and other media;
    (b) freedom to receive or impart information or ideas;
    (c) freedom of artistic creativity; and
    (d) academic freedom and freedom of scientific research.
    (2) The right in subsection (1) does not extend to-
    (a) propaganda for war;
    (b) incitement of imminent violence; or
    (c) advocacy of hatred that is based on race, ethnicity, gender or religion, and that constitutes incitement to cause harm. Jy praat groot vir iemand met geen talent nie. – Wikipedia)
    Om die Stoute Boudjies en Vrydag Bederf te doen elke week is nie moeilik nie (Maar tog like jy om dit te kom kyk op gevaaalik.com).
    Enige iemand kan dit doen. Jy is mos net ‘n copy van daardie Wat kyk jy ou.(Tog is ek en Griffin die enigtes wat dit doen)
    Die goed waaroor jy skryf en die goed waat jy doen op gevaaalik.com bewys dat jy kinderagtig is. (30 000 lesers elke maand kan nie verkeerd wees nie)”

  7. Ruan Stix Fourie says:

    @pisgesig: Hahaha. Great comment man.

  8. Ruan Stix Fourie says:

    @Andre: Dankie bra

  9. Arnold Steyn says:

    Hi Stix,

    Ja jong die wêreld is vol waddefok mense daarbuite, en ongelukkig moet ons ons suurstof met die suurdose daar buite deel.

    Arme Beterweter het heel moontlik geen vriende op skool gehad nie (en heel moontlik nogsteeds nie) en loop met n geel voël rond want sy lewe bestaan uit draadtrek en Niknaks vreet.

    Keep up the good work!!!! gevaaalik.com is die beste leesstof na lang eerlike dag se werk!

    Groete

    Arnold

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *