Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

“liefie jou helsim! jy’t skobbejak-taal!”

Dagse aan al die gevaaalike lesers daar buite !!

Die gevaaalik.com crew het my genader om ietsie vir hierdie wonderlike site te skryf. Ek het nie twee keer gedink om in te stem nie. Lees gerus oor my uitkyk op ons pragtige taal se kultuur! 

LIEFLING, ons bly commen.
 
As my eerste amptelike debuut op hierdie eg Zuid Afrikaanse praathoekie het ek dit goed gedink om die oorspronklikheid waaroor die meeste S.A. kunstenaars so spog, oop te vlek soos `n moertoe gebrande flattie by n pokeraand braai .

Moet my nie verkeerd verstaan nie , ons vermaak in die land is propvol talent . Voorbeelde is  SpringbokNudeGirls , Fokof , Heuwels, a King , Jan Blohm en Jurie “ slat my met jou dwarslat “ Els . Fok, dalk nou nie die laaste een nie . Die twee dinge wat hul ingemeen het : Original en hul drankrekeninge . Die ding waarvoor ons kunstenaars so lief is (veral die Afrikaansekunstenaars) , is copy en paste . Die nuutste daarvan is die nuwe LIEFLING MUSICAL .

 Bobby “duif kuif “ van Jaarsveld en kie het een oggend opgestaan en besluit (na n 10 uur Mamma Mia marathon) dat S.A.  hul eie musical kort. Na  3 maande en verkeie popularity polls by 8 van Pretoria-Wes se top OUEtehuise het hul tot die besluit gekom dat dit nou tyd is om te vergeet van SHAREMAX en in iets met kleiner risiko geld te bele.

Die drie temas vir die musical was seks , ellende en komedie maar tot hul spyt het Lipstiek Dipstiek hul net-net voorgespring . Volgens die tehuise was net na daardie 3 , Liefde (in die laaste plek).Toe gooi hulle die laaste hasbeens van ons tydperk en so paar Radio springbok treffers saam ,roer dit met shitstick en net so knippie Amarikaanse glamour en tada ,FOKKOP !!!

 Bly by dit wat werk . Common , straight forward Fokkol skaamte Comedy . Casper doen dit al vir jare en hy word net vetter.

Groete Rehab

You may also like...

1 Response

  1. Stix says:

    Goeie werk Rehab my ou maat. Jy kan gerus enige tyd vir ons ‘n ietse skryf. Ek skreelag nogsteeds oor die stukkie en ek het dit die eerste keer al so 14 ure terug gelees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *