Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Kak Maandag

Die naweek is verby. Maandag is oor die algemeen kak. Die feit dat daar die naweek by my kar ingebreek is, maak my Maandag net nog kakker. Die fokken poeste het die venster regs agter gebreek. Nie die kleintjie nie, die een wat afdraai. Die ou wat dit gedoen het was duidelik onnosel want toe hy klaar die ruit gebreek het, het hy agtergekom dat daar niks in my kar is om te steel nie.

Jare gelede toe my radio en speakers (of sound soos die kommin mense dit noem) uit my kar gesteel is (vir die tweede keer in net ‘n paar maande), het ek beluit om dit nie weer te vervang nie. Ek ry ‘n fokken ou gemors Citi Golf met niks in nie. Daar is net ou pie papiere, leë siggaretboksies en stof. Maar my venster uit moer om dit te sien, dit sal die dose mos.

Dus is ek nie vandag in ‘n baie goeie bui nie. Ek kan aan niks anders dink om gevaaalik.com-lesers mee te entertain nie, so ek gebruik gou die kans om die volgende te sê:

Fok die poeste wat by my kar ingebreek het. Ek hoop jy/julle kont so hard op jou/julle gesig/gesigte neer dat daar nie ‘n fokken tand in jou/julle bek/bekke oor is nie. Ek hoop ook dat die fokkers in die middel van ‘n besige straat neerkont en dan ry ‘n bus oor net hulle bene. Fok vir Juluis Malema, moet ek ‘n rede gee? Fok dom Amerikaners. Fok Afrikaansd popmusiek en die naiers wat dit skryf. Fok Maandag en die res van die week. Fok die doos wat vanoggend met sy X5 voor my ingedraai het. Ek is bly jy het ‘n klein piel en moet ‘n groot kar ry, maar jou vrou is minder bly. Laastens wil ek net sê: Fok die liefde, ek gaan nou huistoe.

Ek hoop die ouens wat in my kar ingebreek het kont so neer. Ok klaar gegrens. Check julle more.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *