Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Jack Parow – Fok Fokkity Fok Toer met Dirt Nasty & “Die ou met die snor by die bar” MEMOIR

Vir die van julle wat nie weet nie was Jack Parow onlangs op n toer deur Europa waar hy opgetree het by music festivals soos Afro C in België, die Solar fest in Holland asook die Zwarte Cross fest in Holland wat ‘n moerse groot festival is (197 000 mense het bygewoon die jaar). Toe Jack gevra is oor sy suksess in Europa sê hy: “Dit was mind-blowing. Vir my as ‘n Suid-Afrikaanse musikant om in ‘n ander land crowds te pull na my verhoog toe van daai size was absoluut net crazy en humbling en net so baie verskillende feelings in een,”.

Jack Parow Zwarte Cross Festival in Holland 2015. Foto deur Robin Looy

Jack Parow Zwarte Cross Festival in Holland 2015. Foto deur Robin Looy

Maar moenie worry nie Jack is nou uit gehumble en uit gefeelings en is weer by die huis net betyds vir Lente en hy nooi sommer sy chommie “Dirty Nasty” van ‘Murika af om saam met hom die “F*k F*kkity F*k” toer hier in die land van die Rand te doen (dit is Fok Fokkity Fok as al die sterre jou bietjie omkant gevang het).

Jack Parow Fok Fokkity Fok toer

Jack Parow Ou met die Snor by die BarAs jy nogsteeds nie genoeg het om jou besig te hou tot Trevor Noah die Daily show oorvat nie kan jy altyd ‘n fokken boek lees of iets… Gelukkig vir jou het Jack saam met Theunis Engelbrecht gesit en kak praat en perongeluk vir hom al die kak vertel wat hy al aangevang het oor die jare. Hulle het dit toe in n Memoir in gesit wat heel gepas “Die ou met die snor by die bar”  genoem is.

Die boek sal by Jack se shows te koop wees en as jy meer motivation as Jack Parow live, Jägermeister en om uit te vind wat Jack al aangejaag het in sy lewe nodig het om jou daar te kry, kan jy altyd jou fedora aantrek en sy nuwe Limited edition Debut Platinum Edition Vinyl koop. Dit sal beskikbaar  wees saam al die ander Parowphernalia by die shows.

Jack Parow Platinum

Hier is vir jou die details:

Datum: 1 September 2015
Program: Jack Parow en Dirt Nasty
Plek: Aandklas
Adres: 43A Birdstraat, Stellenbosch
KONTak: 021 883 3545
Tyd: 23h00
Ticket price: R60 p/p
Facebook: facebook.com/events/1596038660645334/

Datum: 2 September 2015
Program: Jack Parow en Dirt Nasty
Plek: Assembly
Adres: 61 Harringtonstraat, Kaapstad
KONTak: 021 465 7286
Tyd: 23h00
Kaartjies: Early bird: R50 p/p (slegs 100 beskikbaar)
Online R60 p/p (slegs 200 beskikbaar)
By die deur R80 p/p
Facebook: facebook.com/events/882881095131133/

Datum: 3 September 2015
Program: Wie sou dit raai? Jack Parow en Dirt Nasty
Plek: Mystic Boer
Adres: James Morokastraat, Potchefstroom
KONTak: Eloise (as jy haar nommer het natuurlik…)
Tyd: 23h00
Kaartjies: R50 p/p
Facebook: facebook.com/events/902950853122748/

Datum: 4 September 2015
Program: Ek hoef rerig seker nie weer dit te se nie
Plek: Arcade Empire, Pretoria
Adres: 256 The Highwaystraat, Equestria
KONTak: Rudolf 082 449 5144
Tyd: 22h00
Kaartjies: R80 p/p
Facebook: facebook.com/events/878204585593440/

Datum: 5 September 2015
Program: Die JHB ouens is soms biekie stadig so: Jack Parow en Dirt Nasty
Plek: Rumours Lounge
Adres: Winkel 20 Palm Court, Corneliusstraat, Weltevreden Park
KONTak: Fred 079 825 7995
Tyd: 23h00
Kaartjies: R80 p/p
Facebook: facebook.com/events/902950853122748/

Check ook Jack se nuwe music video saam Riky Rick, dit is pretty fokken catchy.
En natuurlik gee al jou geld vir Apple en kry Jack se album hier.

Website: jackparow.co.za
Twitter: @JackParow
Facebook: facebook.com/jack.parow
Instagram: Instagram.com/jackparow
iTunes: Nag Van Die Lang Pette
Music Videos: youtube.com/JackParow

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *