Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Gevaaalik lekker, Soos Herfs

Die gevaaalike crew het n baie interessante en opwindende band ontdek. Dit is baie skaars dat jy nuwe afrikaanse musiek hoor sonder dat dit die kak uit jou uit irriteer. Wel ontmoet vir “Soos Herfs”. As jy van Pretoria-Wes afkomstig is sal die volgende stelling meer sin maak “Die band is soos n nuwe sweetpak  en “spanner look alike cuff links” op die aand voor jou matriekafskeid” . Blaksams verfrissend!!

Ons het so tussen deur die party en die uitpass van die manne gehoor en dadelik hulle Ep gedownload. Iets wat jy ook kan doen en raai wat,dis verniet so bere jou lee quart bottels:  http://www.mediafire.com/?psy3xfeifu0p62c

Die ouens se musiek is swaar en hard net soos regte rock moet wees. Die lirieke dra gewig en dis nie dieselfde eentonige kak oor en oor nie. Mens kan sien/hoor hulle sit denkkrag sowel as harde ure in hul produk. Well done aan “Soos” herfs en fanx vir die interview, gaan join hubook http://www.facebook.com/home.php?#!/soosherfs  en maak seker julle is by die volgende gig !

1. Die naam, Soos Herfs, baie intriguing. Vanwaar kom dit& wat’s die storie agter dit?

Ek dink die naam het presies gedoen wat ons wou gehad het dit moet. Dit het afwagting…………..en mystery geskep. Ons het lank gewonder oor ‘n naam vir ons band en dit het maar soos met enige ander band na ons toe gekom na ‘n paar biere. Die naam soos herfs dui op ‘n nuwe begin. Om ou foute af te skud en oor te begin. Hoe jy met ‘n tweedekans die onmoontlike kan vermag en jou wêreld vir altyd kan verander.

 2. Hoe sal julle die musiek wat Soos Herfs produce beskryf ?

 Die musiek is hard, vinnig en eerlik. Ons maak die musiek waarvan ons hou en hoop maar dat ander ook daarvan sal hou.

 3. Ek sien dat julle launch in Potch was. Spruit julle vanuit die geweste, swot julle daar,  het julle daar geswot of is die parties daar net meer gevaaalik?

Hahaha…die patytjie daar het ‘n manier om tot ander levels op te tel, maar dis niks wat ons nie kan handle nie. 3 van die lede bly, leef, swot, werk en kuier in Potch. Die ander bly in die Gauteng provinsie. Dit maak hierdie projek vir ons dalk harde werk en kos ons dalk meer geld, maar daar is hegte bande tussen die band lede en die afstand is nie vir ons ‘n issue nie.

4. Hoe’t die bandlede bymekaar uitgekom. Begin by die stigterslid(-lede) en so aan…

Al die lede het in ander rock bands gespeel ons het mekaar per ongeluk leer ken agv gevaarlike partytjies en daar is besluit om meer bymakaar te kom, weer saam te drink en lekker tunes te bou.

5. Julle sound is verfrissend, oorspronklik & die lirieke dra darem gewig. Nie ‘n pot kak van seile span, visvang & klomp aapgeluide nie. Hoe lank duur die skryfproses van jul songs?

Gewoonlik sal een van die lede ‘n riff of ‘n paar akkoorde op die kitaar speel en ek sal geluide op note maak en so ‘n melodie kry. Die lirieke is die harde werk. Ek sal my gedagtes bymekaarmaak en uitfigure wat ek presies aan die gehoor wil oordra. Dit help my ook om dinge wat swaar op my hart of my gewete lê af ste skud. Dis cliche om te sê maar ek dink tog dat ‘n vocalist ‘n deel van homself in sy lirieke insit.

 6. Baie mense wat Soos Herfs-virgins is, sal meen dat julle net nog ‘n band is wat die Afrikaanse rock-golf try ry, wat’s julle ongepoetste reply op dit?

Ons geniet ander local tunes en dink dat elke kunstenaar,(goed of sleg) iets bygedra het tot die explosion wat afrikaanse musiek tans beleef. Ek dink nie ons ry een of ander golf nie. Ek dink dat mense slimmer is as dit en dat hulle dadelik suur sal wees as hulle dink ‘n band teer net op die fame van ander en maak nie hul eie plek nie.. Ons hou daarvan om in ons eie taal te sing.

7. Right,obviously is daar inspirasies& rolmodelle vir Soos Herfs. Skiet met die name!

Ons hou van bands wat die limits push. Bands wat nie noodwendig by ‘n sekere resep hou nie. Dit is nou in terme van  hul musiek en lirieke. Ons hou van Norma Jean, The devil wears prada, Underoath, Secret & Whisper, He is legend en Saosin (Om maar net ‘n paar te noem). Ons het almal ons instrumente op hierdie ouens se musiek leer speel en ek dink dat hierdie bands ‘n groot impak op al die lede se lewens gemaak het.

8. Wie’s die gevaalikste band member, en hoekom?

Haha. Defnitief Geyser. C’mon…hy’t tattoo’s is sy nek. Nek-tattoos is pretty hardcore

9. Waar was julle most memorable gig tot dusver gewees, en verskaf ons met ‘n rede – as julle so gaaf sal wees.

Ons het nog net een show gehad en dit was befok. Ons hoop om nog ‘n miljoen sulke momorable gigs te hê.

10. Wat’s die weirdste ding wat al op stage/by ‘n show gebeur het?

Ek’t by die EP launch van die stage af ge-etter voor die tyd maar nie hard genoeg om vir lank daaroor te lag nie. By dieselfde gig het ek ‘n meisie moer hard met ‘n cd-kissie teen die kop gegooi. Dit was nogal awesome. Later die aand het haar boyfriend na my toe gekom, my hand geskud en my bedank vir die mooi daad wat ek verrig het.

11. Next stop? Wat’s volgende in die pyplyn vir Soos Herfs?

Ons is tans besig met die editing van ons eerste musiekvideo en hoop om hom in die somervakansie op die kassie te hê

12. Waar sal julle graag wil wees in die bedryf oor ‘n jaar van nou af? Wat’s die eindelike mikpunt?

Ons wil net gig bra. Gig is befok. Om ‘n paar video’s en dalk ‘n vollengte-album uit te bring sal lekker wees. Maar ons is in dit vir die gigs. Mens kuier altyd lekker as daar ‘n band iewers speel en mens kuier lekkerder as jy in die band is wat iewers speel.

13. Is Soos Herfs suiwer afrikaans, of is daar ‘n paar engelse (of enige ander weird taal) songs wat die toekoms inhou?

 Dink ons sal voorlopig altyd afrikaans bly…

14. Julle elkeen se gunsteling movie quote……….

Geyser: “when life slips you a Jeffrey, stroke the fuzzy wall.” – Get him to the Greek

Johan:” I’ll tell you in another life, when we are both cats. “– Vanilla Sky

Cornèl:” I’m thinking about getting metal legs. It’s a risky operation, but it’ll be worth it.         ”

 – Grandma’s boy

Frans: “you are better off watching and drawing your conclusions from a distance than you would be if I got my tarse up your petticoats.” – The Libertine

Juan:” Kinda hot in these rhinos …”– Ace Ventura: When Nature Calls

15. Laastens, maar verfokkenseker nie die minste nie….hoe kak gevaaalik is  GEVAAALIK.COM nie??

   Haha…Mens kan maar bang wees…al die rumours is waar…

You may also like...

1 Response

  1. savon noir says:

    super cool blog thanks

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *