Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Geen E-Tag, geen probleem met King Price

Die E-Tolls is blykbaar hier om te bly. Behalwe as jy minder as 30 keer onder die E-toll gantries deur ry gaan jy betaal. R225 vir ‘n ligte motor ‘n maand, maximum. Aansienlik minder as wat ons sou moes betaal toe die hele storie begin het, maar steeds R225 meer as wat ons moet betaal vir die gemors wat die E-Tolls is.

Daar word gesê dat daar nou minder verkeers ophopings is tussen Johannesburg en Pretoria. Enige persoon wat tussen 06:00 en 08:00 op die snelweg tussen Johannesburg en Pretoria is sal vir jou sê dat die wyer snelweg slegs veroorsaak dat meer mense in verkeer kan vassit as van te vore.

King Price Cover Kid

Jip, King Price sal jou verseker al is jou lesensie-skyf verval en jy het uitstaande E-Toll rekeninge

Nou gaan jy blykbaar ook nie jou kar se lisensie-skyf kan hernu sonder om jou E-Toll skuld te betaal nie. Daar is ook gesê dat jou kar nie versekerings dekking sal hê indien jou lisensie-skyf verval het nie. Dit is snert. King Price het ‘n blog post op hulle site waar hulle verduidelik dat jou kar steeds dekking sal geniet solank as wat jou kar padwaardig is en jou versekerings paaiemente se betalings op datum is.

Ek dink nie die E-Toll geveg is verby nie. Not by a long shot. Goeie werk van King Price om oop kaarte met die publiek te speel. Gaan nou na hulle King Price se website en kry ‘n gratis kwotasie vir jou kar se versekering. Of gaan lees hulle blog post oor die E-Tolls vir meer besonderhede oor die saak, as jy dit nodig het. Dit is altyd slim om ingelig te bly.

King Price Insurance

Hierdie is ‘n sponsored post. Dit is hierdie tipe posts wat gevaaalik.com aan die gang hou. As jy enige van die links in die post click, help jy om gevaaalik.com aan die gang te hou. Bonus punte as jy ‘n gratis kwotasie op jou versekering kry na jy een van die links geclick het. Dit is altyd goed om te kyk of jy so paar rand kan spaar.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *