Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die verskil tussen mans en vrouens

Poppie en Spanner se dagboek…

Poppie se dagboek

“Saterdagaand het ek gedink dat Spanner vreemd optree. Ons het planne gemaak om by die kroeg ‘n drankie te gaan drink. Ek het die hele dag saam met my vriendinne ge”shop”, en het gedink dat hy ‘n bietjie kwaad is vir my oordat ek laat was.

Hy het geen kommentaar daaroor gemaak nie. Die gesprek was nie vloeiend nie, so ek het gevra of ons iewers rustig ‘n bietjie kan praat.

Hy’t gesê dis reg, maar het die heeltyd stil gebly. Ek’t gevra of iets verkeerd is, maar hy’t gesê dis niks. Ek’t gevra of dit my skuld is dat hy kwaad is. Hy’t gesê dat dit niks te doen het met my nie en dat ek nie moet stres nie.

Op pad terug huis toe het ek vir hom gesê dat ek lief is vir hom, maar hy’t nie terug geantwoord nie, net geglimlag en verder gery.

Ek kannie sy gedrag verduidelik nie; ek weet nie hoekom hy nie vir my gesê het dat hy lief is vir my nie. By die huis gekom, het ek gedink dat ek hom verloor het, asof hy niks met my te doen wil hê nie. Hy’t net voor die TV gesit, stil en ver weg.

Uiteindelik het ek besluit om bed toe te gaan. Na 10 minute het hy langs my kom lê. Tot my verbasing het hy my nie weggestoot, toe ek hom liefderlik getroetel het nie. Ons het die NASTY gedoen, maar dit het nog steeds gevoel asof sy gedagtes elders is. Ek wou hom nog aanvat oor die hele affêre, maar hy was reeds aan die slaap.

Ek’t begin huil totdat ek ook aan die slaap geraak het. Ek weet nie wat om te doen nie. Ek is amper seker dat sy gedagtes by iemand anders is.. My lewe is een groot disaster.

Goeienag liewe Dagboek.

Poppie

Spanner se dagboek

“Vandag het die Cheetas teen die Bulle verloor. Gelukkig het ek genaai.”

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *