Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

CSI se weergawe van ‘n Suid-Afrikaner

Sedert die sukses van District 9 is daar al hoe meer Suid-Afrikaners in Amerikaanse TV-reekse. Nie regte Suid-Afrikaners nie, net akteurs wat veronderstel is om soos Suid-Afrikaners te klink.

Onlangs het CSI dit ook probeer. En wat ‘n walglike mislukking. Die ou klink nie soos ‘n Suid-Afrikaner nie, hy klink soos die liefdeskind van Wikus van der Merwe, Crocodile Dundee, Jan-Hendrik van 7de Laan en Alotta Fagina (van Austin Powers-faam). Ek kon vir ‘n goeie fokken derde van hierdie video nie hoor wat die bra sê nie. Fok, ek sweer die enigste persoon wat ‘n kakker Suid-Afrikaanse aksent as dit kan doen, is Charlize Theron.

You may also like...

2 Responses

  1. ina says:

    meer aussie as enigiets anders…. en ja dis moer moeilik om uit te figure wat hy se…. ek het ook lost geraak so midway deur die gesprek.

  2. Stix says:

    Die is meer soos ‘n baster aksent tussen Russian en klomp ander goed met so paar Suid-Afrikaanse slang woorde tussen in.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *