Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Charlie Sheen is WINNING!

Behalwe as jy onder ‘n klip bly, is jy bewus van Charlie Sheen, die dronkgat druggy van die bekende TV-reeks Two and a Half Men. Die perd het fokken finaal nou van die wal af in die sloot gemoer en dit lyk nie of hy weer gaan uitklim of wil uitklim nie. Ek sê goed vir jou ou Chuck.

Mense kan sê wat hulle wil van hom. Is hy ‘n womanizer? Ja. Elke liewe ou op die planeet sou wees as hulle dit kon bekostig. Is hy ‘n dronkgat druggy? Ja. As jy net drie dae ‘n week moes werk en jy word $2 miljoen betaal daarvoor, sou jy ook drugs en baie drank nodig gehad het om jouself besig te hou. Verskillende mense geniet hul lewens op verskillende maniere. Charlie wil baie crack of coke doen terwyl hy saam met ‘n pornstar en ‘n chronic bikini model bly. Dié twee dames aanbid duidelik hul prins asof dit die genesing vir die dood uitspuit.

Maar Charlie het nou mal geraak. Ek sal geld daarop sit dat hy binne die volgende twee jaar ten minste nog een keer in die hospitaal opgeneem gaan word vir “exhaustion”. Ja “exhaustion” is die nuwe fokken woord vir OD. Dan sal hy tien teen een nie kort na sy “exhaustion” treatment opgeneem word in ‘n rehab vir drug en sex addiction. Dit is nou as hy gelukkig is. As hy ongelukkig is vermoor hy in ‘n drug and alcohol feuled rage een van sy pornstar/upperclass vriendinne en word hy in die rehab vir mans gegooi. Dis nou die fokken tronk, hoor.

Maar tot dan is Charlie nogsteeds hier om ons te entertain. Nie op Two and a Half Men nie, want hy is nou van die show af gefire. Nee, nou entertain hy ons met al die goed wat hy in die media en in Sheen’s Corner (sy show op YouTube) sê. Hy laat ons skreelag en hy laat ons soms amper huil ook. Ekself sit in groot afwagting vir Charlie se eerste home made sex tape, featuring Chuck Sheen en wie weet hoeveel pornstars. Fokken WINNING pappa!

You may also like...

2 Responses

  1. Check die Video van Charlie Sheen. Digg it!

    http://www.youtube.com/watch?v=JqjTX56IXjQ

  1. April 12, 2012

    […] Sheen is Reborn – soort van Ons ken nou al vir Charlie Sheen en sy antics. Hy is die winning akteur waarsonder Two and a Half Men suck, en wat "winning" 'n baie populêre […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *