Chaos voor Random Gevaaalikhede
Dinge gaan gewoonlik maar mal op ‘n Maandag. Meeste van die tyd is dit omdat jy nog ‘n babbie nurse van die naweek se kuier. Dit is mos lekker om jouself letterlik te vergiftig met alkohol. Of altans, dit is lekker tot dit nie meer lekker is nie. Die nie lekker deel nie kom gewoonlik iewers tussen die eerste kat wat geskiet word op die badkamer vloer en die wakker word die volgende oggend.
Gelukkig help die Random Gevaaalikhede om jou broosheid te troos. Dankie vir almal van julle wat foto’s ingestuur het oor die laaste week. Keep it up!
Geniet vandag se Random Gevaaalikhede.
Nog net 2 dae dan is dit Woensdag, dan kry jy weer Stoute Boudjies.