Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Call of Duty Blackout Beta – Bekende vyande

Dit is so paar jaar sedert ek ‘n Call of Duty game gespeel het. Moet my nie verkeerd verstaan nie, die games is great. Almal van hulle. Tog het ek na Modern Warfare 3 besef ek kan nie bekostig om elke jaar ‘n Call of Duty titel te koop nie. Nie as ek ander games ook wou speel nie. Maar vir Black Ops 4 se Blackout Beta het ek regop gaan sit soos ‘n klein seuntjie wat dink hy het vir kersvader hoor af kom by die skoorsteun.

Call of Duty Battle Royale

Ja, die rede hoekom ek so opgewonde was vir die Blackout beta is oor die Call of Duty se Battle Royale is. Dit is piekfyn om Battle Royal te haat, maar ek doen nie. Ek is mal daaroor en die gevoelens van angs wat jy kry aan die einde van die ‘n Battle Royale game. Ek is mal oor PUBG maar PUBG se desync probleme kan dit baie frustrerend maak om te speel. Daarom was ek opgewonde om te sien wat Tryarch maak met ‘n Battle Royale.

Dit is Call of Duty, net groter

Dit was ‘n beta en daarom behoort jy nie verbaas te wees as ek vir jou sê daar is plekke wat kan doen met so bietjie verbetering nie. Die map self is ‘n interesante mengelsmoes van ou maps, wat hulle op een of ander manier mooi saam laat vloei het. Die algehele Blackout map is groot, maar kan baie vinnig baie vervelig raak. Ek is seker dat Blackout op die ou einde meer as net een map gaan hê, en ek is seker ons gaan verandering sien aan die map wat ons gespeel het tydens die beta. Dit voel darem soos Call of Duty, net groter.

Die inventory sisteem op PC en console kort versker nog werk. Veral op PC sal net die feit dat items in die inventory name wys ‘n groot verandering maak. Die armour sisteem gaan ook aandag moet kry, want daar was baie spelers wat gevoel het Lv.3 armour is eenvoudig te sterk. Die wapens het soos wapens in al die ander Call of Duty games lekker gevoel om mee te speel. Call of Duty weet maar net hoe om gunplay baie fun te maak. Plus nou was daar 87 ander ouens wat ook die gunplay teen jou kon toets en ek het stories gehoor dat ons selfs nog 120 spelers op een map gaan sien.

Soos ek sê, Call of Duty, maar groter.

‘n Battle Royale wat loop soos stroop

Dit is nie asof Call of Duty se Blackout die eerste Battle Royal is wat nie buddy is nie. Ek is net net nie ‘n fan Fortnite nie. Maar Blackout werk baie beter as PUBG. Ek het nie een keer damage gevat terwyl ek agter cover oor die netcode/desync/lag terrible is nie. En COD Blackout was nog net in Beta. Ja, Blackout is baie meer arcady as wat PUBG is, en PUBG bly vir nou die tactical shooter met die edge as jy ‘n Battle Royal FPS soek wat tactical is. Tog lyk Call of Duty se Battle Royal baie belowend.

Wat dink jy van Call of Duty Black Ops 4 Blackout? Gaan jy ophou PUBG speel om dit te speel? Laat weet in die comments.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *