Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Battlefield 1 South African Servers skakel vandag aan

Battlefield 1 is een van die coolste FPS games wat ek al gespeel het. Ek praat baie daaroor in hierdie post. Maar soos met meeste online multiplayer ervarings sukkel ons in Suid-Africa met lag. Maar vandag kry Battlefield 1 Suid-Afrikaanse servers, en dus sal ons vir die eerste keer op ‘n level playing field wees, so te sê

Johannesburg Suid-Africa kry Battlefield 1 servers

Jip, ons hier in Gauteng gaan effens nader wees aan die Suid-Afrikaanse Battlefield 1 servers as die ouens in die Kaap. Steeds, ek is oortuig daarvan dat meeste van ons nou met tenminste die helfde latency sal kan speel teen mekaar as toe ons op die European servers gespeel het.

Die feit dat ek nou meer teen Suid-Afrikaners Battlefield 1 gaan speel maak my ook nervous, want daar is baie goeie spelers in die Suid-Afrikaanse community van Battlefield spelers. My gat gaan verseker geskop word, daarvan is ek oortuig.

Meer Battlefield 1 Servers vir almal

Die South African Battlefield 1 servers is vir Xbox One, PC en Playstation 4.

Suid-Afrika is nie die enigste land wat nuwe servers kry nie. Hong Kong en die Middle East kry ook nuwe servers. Ek dink nou dat EA gesien het hoeveel mense Battlefield 1 speel, regoor die wêreld, gaan hulle meer en meer servers uitrol soos hulle sien waar die mense speel.

Wel gedaan aan al die Suid-Afrikaners wat hul stemme dik gemaak het online om te help om EA te laat sien ons kort ook servers in good old South Africa.

Sien julle vanaand op die Xbox servers. Add my en kop ons skiet mekaar se bene af. My gamertag is @StixGevaaalik.

You may also like...

1 Response

  1. April 6, 2017

    […] baie ander Afrikaanse ouens (en seker vrouens ook) wat Battlefield 1 speel. Veral sedert ek op die Suid-Afrikaanse servers kan speel, sien ek baie dieselfde gamertags wat op-pop in my kill feed: BrakpanTaliban, Nova […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *