Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

The Girl With the Dragon Tattoo

Daar is baie flieks wat uit kom in die volgende jaar maar daar is een waaroor ek baie opgewonde is. The Girl With The Dragon Tattoo staan uit as een van die flieks wat ek moet sien.

Daar is verskeie redes hiervoor. The Girl With The Dragon Tattoo is deel van die Millennium trilogy deur Stieg Larson. As jy iemand is wat hou van lees, stel ek voor jy kry jou hande op die reeks. Al is dit net The Girl With The Dragon Tattoo, dit is ‘n great boek. Ek weet dit is min wat ‘n fliek so awesome is soos die boek, maar mense moet nie die flieks gaan kyk met die hoop dat dit soveel detail gaan hê soos wat in die boek is nie. Jy kan net nie ‘n storie in soveel detail vertel in selfs ‘n drie uur fliek as wat ‘n storie in ‘n boek is nie.

David Fincher is die director van die weergawe van The Girl With The Dragon Tattoo. As jy nie weet wie David Fincher is nie gaan kyk van sy ander awesome flieks soos Fight Club, Zodiac of The Social Network. Hy het ook die musiek video vir die song Judith van A Perfect Circle en ook die musiek video van Only deur Nine Inch Nail direct. Wat meer wil jy hê? Een van die beste directors wat daar nog was en hy weet hoe om ‘n storie te kies.

Die soundtrack vir The Girl With The Dragon Tattoo is gedoen deur Trent Reznor en Atticus Ross. Hulle het die soundtrack vir David Fincher se vorige fliek, The Social Network ook gedoen. Dit was ‘n hauntingly donker soundtrack wat die atmosfeer van die hele fliek briljant geskep het. Dit is seker die rede hoekom hulle die Oscar gewen het vir Best Original Score vir die fliek.

Hier is die trailer. Luister net na die musiek ook terwyl jy die kyk.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *