Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Geen 9de seisoen vir House M.D

Die vervaardigers van die populêre mediese drama House M.D het bekendgemaak dat daar nie nog ‘n seisoen van dié reeks sal wees nie. Die huidige seisoen, die agtste, sal die laaste wees.

Die reeks het in 2004 begin en het vinnig een van die populêrste TV-reekse ter wêreld geword. In 2008 was House M.D die top TV-reeks op grond van wêreldwye kykergetalle. Hugh Laurie, wat die titelrol van dr. Greg House vertolk, en die vervaardigers David Shore en Katie Jacobs het in ‘n persverklaring gesê dat dit ‘n pynlike besluit was, maar dat hulle dit geneem het omdat hulle House wou laat eindig terwyl die ongewone dokter die wêreld nog fassineer. Laurie het ook onlangs aangekondig dat hy nadat hy klaar is met House nie verder in TV-reekse sal verskyn nie, maar uitsluitlik in flieks.

House M.D sal gemis word, maar dit is seker beter dat dit eindig terwyl dit nog redelik goed is, en nie die pad van ander reekse soos Prison Break volg nie.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *