PDP controller vir Xbox – Beter as die oorspronklike

Jy weet daardie sinkende gevoel wat jy kry wanneer jy vir die eerste keer besef dat jou Xbox controller besig is om die gees te gee? Wanneer jy die eerste keer daardie thumbstick drift agterkom en weet dat een van die dae gaan jy moet hoes vir ‘n nuwe controller.

Persoonlik het ek al daardie gevoel ‘n hele paar keer ervaar. Ja, ek is miskien bietjie harder op controllers as meeste mense (ek game hard, nie net baie ure nie) maar Darth Vader alleen weet ek is die moer in elke keer wanneer ek ‘n controller moet replace. Controllers groei nie op bome nie, en ek het nie ‘n limitless bankrekeing nie.

Built to last, but not really

 
‘n Nuwe Xbox controller is duur. Dit is ‘n R850-R1000 uitgawe. Die realiteit van die saak is dat Xbox controllers baie gemaklik in jou hand sit, maar die goed is baie fragile. Ek het my Xbox One nou al vir seker 5 jaar en ek het al 5 controllers vervang. Dit is so te sê die prys van ‘n nuwe console, net op controllers spandeer.
Daarom het ek die keer besluit, tot hiernatoe en nie verder nie. Ek is nog altyd een van daardie mense wat nie die generic controllers koop nie, want die kwaliteit is veronderstel om beter te wees as jy die legit produk koop. Met Xbox controllers is dit verseker nie die geval nie. Daarom het ek die keer vir my ‘n PDP Xbox controller gekry.

Wat verwag jy vir helfde van die prys?

 
Ek is nou nog meer as ooit van te vore oortuig dat die Xbox One controllers unbelieveably overpriced is. Toe ek die PDP controller uit die boks haal en bietjie voel en vat, is dit duidelik dat die build quality dieselfde (of selfs beter is) as die van ‘n Xbox controller. Die groot verskil lê in die prys. Die PDP Controller het ek gekry vir R439. ‘n Fokken steal. Letterlik minder as helfde van wat ek normaalweg moes betaal om ‘n nuwe controller te kry.
Die PDP controller voel wel bietjie ligter as die genuine Xbox controller, maar steeds stewing en asof hy my rage-beatings sal kan oorleef. Nou, na drie maande van speel met my PDP controller is ek opsoek na nog ‘n PDP controller, om my laaste werkende genuine Xbox controller te vervang.
Dit voel vir so paar rondtes van ie games wat jy normaalweg speel vreemd, maar nie omdat die PDP controller werklik anders is nie. Die PDP controller doen sy job, net soos die regte Xbox One controller. Daar is wel so paar ekstras wat die PDP controller ‘n beter opsie maak.

Die plus punte van ‘n PDP controller

  • Die prys is baie gawer met jou sak, en met SA se ekonomie tans is dit nooit ‘n slgte ding om so paar rand te kan spaar nie.
  • Die PDP controller app wat jy op jou Xbox kan install stel jou instaat om elke knoppie van jou controller te remap, soos dit jou pas.
  • Die PDP controllers kom in ‘n reeks kleuere en stuff, wat mooi sal pas by jou RGB leefstyl (as jy een van daardie mense is). Ek het ‘n Crimson Red een gekry (sien foto’s), maar die kleur het my nie so baie gepla soos die feit dat die rooi een die goedkoopste was nie.

Kyk net hoe donder ek almal op (insluitend myself) in Apex Legends hier onder.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Stix Gevaaalik (@gevaaalikdotcom) on

Die enigste negatiewe is dat dit ‘n wired controller is. Jy kry darem ‘n 2.5m kabel saam die controller, en as jy soos ek is dan is input delay vir jou ‘n groter probleem as ‘n wired controller.
Overall is die PDP controllers uitstekende bang for your buck. Dit is jammer om te moet hardop sê, maar ek sal nooit weer ‘n genuine Xbox One controller koop nie. En voor jy sê die Xbox Elite Controller sal al my probleme uitsort? Wie het R2500+ vir ‘n controller? Nee man! Ek koop eerder 4 PDP controllers en ‘n six pack bier.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *