Hobo Chic – Go get a tattoo

Maak ek die week die twee mees onbedoelde mode-verklarings van my hobo chic leefstyl.

04:40 vanoggend.

Ek is uit die bed. Die voëls buite sing al, maar die son is nog nie op nie. Eintlik sing voëls nie. Hulle skree op mekaar oor wie se grondgebied is wie sin. Met so bakleiery in jou ore is dit moeilik om met die regte voet uit die bed te klim.

In die donker stompel ek met my slegte knieg om ‘n bed hoek, bo-oor ‘n hond, tussen twee deurkoesyne deur, tot in die badkamer. Sodra alles in die badkamer afgehandel is koes ek weer vir twee deurkoesyne voor ek in die donker die boonste hemp van die hoop uit my kas haal. Denim volgende. Kouse, skoene. Alles in die donker. Die hoeveelheid vloekwoorde wat ek in hou soos ek rond-stamp is merkwaardig. Veral as jy my matroosbek ken.

Baie mans sal kyk na my skoen kas en sal sê ek het dieselfde probleem as hul vrou. Oor die laaste 17 jaar het ek ‘n indrukwekkende versameling Converse-skoene opgebou. ‘n Versameling wat al uitgedun is deur Oppikoppi feesgang, ski in gevriesde Alpe, troues en net allerdaagse gebruik. Steeds het ek meer skoene in my kas as meeste van my vriende. Die goed hou langer as jy nie elke dag dieselfde paar dra nie.

Vanoggend sien ek in my geestesoog die paar wat ek vandag gaan aantrek. Swart, mid-top, leer, Chuck Taylor, All Star. Ek druk my hand in die kas en verbasend vat ek dadelik die regte paar raak. Die lewe is te kort vir veters vas maak, so my veters word eenkeer vasgemaak. Dan is die skoene in wese slip-ons.

Na 07:00 in my kantoor stoot ek my stoel agteruit en soos ek agteruit beweeg sien ek my voet onder die lessenaar. Ek begin dadelik hardop lag. Toe ek ‘n kind was sou so iets my dag heeltemal opgefok het. Ek sou so behep gewees het oor wat ander mense gaan dink van my kat-in-die-donker-knyp-as-die-kat-‘n-skoen-was-fout, dat dit al sou wees waaroor ek sou kon dink die hele dag. I would have been mortified.

12 Januarie 2022, rofweg 16:30

Ek het onlangs begin luister na die band Frank Carter and The Rattlesnakes. Frank Carter is nie net die frontman en vocalist van die band nie, hy is ook ‘n tattoo artist. Vir die bemarking van hulle album Sticky en die song “Go get a tattoo” is daar ‘n alternate reality filter gemaak vir Instagram wat vir jou dieselfde gesig- en keel-tattoos gee as wat Frank Carter het.

Ek glo vas dat voordat jy jou hande, nek, keel en gesig tattoo moet jy heeltemal uit tattoo-realestate uit hardloop oor die res van jou lyf. Nie te min, my tattoo versameling het redelik gegroei. En die versamelig is verseker nie klaar nie. Ek hou van Converse All Stars en ek hou van tattoos, ok.

Ek probeer die AR filter en post die foto sommer na Facebook Stories toe ook. Vir ‘n oomblik gly die gedagte deur my kop dat iemand hierdie dalk gaan sien, dit gaan aanstuur vir my ma (sy is nie op Facebook nie, soos ‘n slim ma) en uiteraard my arme engel-ma ‘n hartaanval gee. Ek giggel in my mou. Ek het ‘n loopbaan gebou uit troll op die internet. Sekerlik ken mense nou al my streke.

Dit was nie 15 minute nie, toe kom die eerste boodskap deur:

“Vir rerig?! In jou gesig?!”

“Ek wens. Nog nie. Ek doen nie kleur nie. Baie plek om nog op te vul voor die nek en die gesig”

“I would not have disapproved”

Die waarheid is ek sou ook nie disapprove nie. Ek dink nog altyd om swaar ge-tattoo te wees lyk cool. Ja, ek was nog nooit in die tronk of ‘n gang nie. Ja, ek is nie Travis Barker of James Hetfield nie. Ja, die tattoos het meer gekos as die inhoud van meeste konserwatiewe tannies se handsak. Ek gee nie om nie. Hou ek van tattoos en die kultuur wat saam met dit gaan. Die goeie, die slegte, die pyn, en die mooi. Dit is vir my mooi.

Dit gaan nie oor ‘n rebel wees nie. Ek wens dit was so eenvoudig.

“Jy nou post Malone?”

“Haha. Nee, darem nie. Dis net ‘n filter”

Aanvaarding is ‘n ongemaklike ding as jy dit soek. Die domste geheim van alle geheime is dat al wie jou regtig hoef te aanvaar is jy (en in my geval my vrou wat nie te keen is op die keel- en gesig-tattoos nie). As jy dit nie kan aanvaar nie, dan gaan jy een van daardie voëls word wat in die oggend net skree, eerder as wat jy sing. Ek dink ek gaan my skoene meer so dra. #newtrend #hobochic

“We all fell down from a tired dying star
Star dust on the breeze to fuckin’ pick an avatar
From nothing into all and then the next thing to arrive
Is the terrifying fear of how you’re supposed to live your life

It’s a trap
And there’s no comfort fitting in
A fake safety that no one believes in
And if it goes against who you think you are
It’s the death of happiness
Go and get the crowbar”

-Frank Carter and The Rattlesnakes

N.S.

My ma het toe gebel daardie aand. Video call. Sy het gesê sy wou vir Rogues sê sterkte met sy eerste dag by die skool. Ek dink sy wou ook net seker maak dat haar oudste nie regtig gedoen het wat mense haar vertel hy gedoen het nie.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *