Wrappz.co.za: Kry vir jou ‘n custom foon cover

Almal het deesdae ‘n baie fragile smartphone wat ooral rondgedra word saam met jou en as jy enigsins soos ek is, dan laat val jy die ding baie. Dit is hoekom dit noodsaaklik is om ‘n cover vir jou foon te kry. Die dae van ‘n Nokia 3310 wat punishment kan vat is verby. Nou kan jy by wrappz.co.za vir jou ‘n custom cover maak vir jou foon. Dan gaan jy nie die moer in wees vir jouself as jy jou foon laat val nie, want hy sal most likely darem nog in een stuk wees.

Wrappz.co.za is ook nie net vir covers vir jou foon nie. Hulle maak ook custom covers, skins, cases, stickers en ander accessories vir iPads, laptops, game consoles en allerhande ander gadgets. Die cool ding van die custom hard case vir fone is dat jy jou eie design kan maak op hulle website. Of jy nou ‘n foto van jou en jou bokkie (vingers gekruis jy doen iets beter as dit) en of jy net ‘n cool ander image het, jy kan basies net wat jy wil op jou case laat sit.

wrappz cover

Pryse range van R179 vir fone tot R499 vir iPads. Die proses om jou eie cover te design is so maklik dat enige iemand met basiese motor skills dit sal kan doen. Jy hoef nie ‘n graphic designer te wees of ‘n kunstige persoon nie. Maar as jy nie eers self kan besluit wat dit is wat jy op jou foon wil hê nie, kan jy kyk na al die designs wat daar reeds is om van te kies. Die een daar bo is byvoorbeeld die cover wat ek vir my foon gemaak het, met ‘n image van ‘n Alex Grey painting.

En moet nie bekommer nie, hulle maak covers vir nie net iPhone en Samsung nie maar ook baie ander soos BlackBerry, HTC, Nokia, Sony Ericsson, Google skins, LG en Motorola skins. Jy kan ook skins maak vir jou iPads, iPods, iPod Touch, Laptops, Kindles en ander tablets, PSPs, DS en Xbox. So nou kan jy selfs ‘n gevaaalike dame op jou foon hê, soos die een hier onder.

wrappz gevaaalike dame

Wie wil nou ‘n boring foon cover hê wat jy by ‘n winkel gekoop het as jy ‘n cover kan maak presies soos jy hom wil hê. Dan word dit nog by jou huis afgelewer ook, jy hoef nie eers jou voete buite jou deur te sit nie. Dit is my tiepe shopping. Hierdie is ‘n paid post, maar aangesien ek dink die produk is baie spiff  sal so paar van julle dit ook miskien like. Gaan gerus nou na wrappz.co.za en begin jou nuwe cover, case, skin of sticker vir jou gadget. Dit het die gevaaalik.com stamp of approval.

2 Responses

  1. Bernard says:

    Thanks vir die link dude, Pis cool. Gaan vir my en my chick custom covers kry ^^

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Bernard: Yeah man, dit is ‘n awesome service.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"