Watter seat op ‘n vliegtuig is eintlik die veiligste?

Dit is een van daardie vele gedagtes wat so vinnig deur mens se kop skiet wanneer jy iewers heen moet vlieg: As hierdie vliegtuig gaan crash, hoe gefok gaan ek wees?

As jy in ‘n vliegtuig is wanneer dit met die aarde/water gaan bots is die kanse baie klein dat jy nie gefok gaan wees nie. Meeste van ons het wel al gehoor dat mense vir jou sê sekere plekke op die vliegtuig is veiliger as ander in geval van ‘n crash. Party mense sê voor, party middel, party agter. Maar wat is nou eintlik waar?

‘n TV-kanaal in die Verenigde Koninkryk het ook hieroor gewonder, toe haal hulle maar so R10 000 000 uit om ‘n antwoord te kry en dalk nog ‘n entertaining program te maak terwyl hulle besig is. Oor die algemeen is documentaries oor vlugongelukke tos en vervelig. Ek dink hier veral aan fokken Aircrash Investigation. Die “dramatic recreations” is gewoonlik so low budget dit laat 7de Laan soos ‘n Oscar-wenner lyk. Channel 4 se idee is egter bietjie anders. Hulle het die pitte uitgehaal en ‘n Boeing 727 gekoop, en dit aanboord gelaai met 24 kameras en ‘n klomp sensors. Verder is ‘n klomp crash test dummies ook opgelaai en op verskillende plekke in die vliegtuig sitgemaak. Van die dummies se seatbelts was vas, ander s’n was los, en so ‘n paar het selfs allerhande sensors en breekbare bene in hulle Kim Kardashian-agtige liggame gehad. Met almal opgelaai en gereed om af te kak het die vliegtuig opgestyg, heel vinnig weer neergedaal en gecrash in die woestyn. Die pilot het enkele minute voor die crash veilig uit die vliegtuig ontsnap.

Die goeie nuus (soort van)

As jy weer ‘n internasionale vlug het, moenie deur besigheidsklas loop en jaloers wees op die ryk ass motherfuckers en hulle lelike kinders nie. Smile eerder en dink daaraan dat as die vliegtuig crash, die passasiers in besigheidsklas ongetwyfeld gefok is. In die test crash (wat blykbaar soortgelyk is aan 80% van alle aircrash disasters) het al die insittendes van die eerste elf rye heeltemal hulle gatte gesien, in a manner of speaking, omdat die sitplekke in die crash uit die vliegtuig geslinger is. Soort van soos ‘n rollercoaster wat sy spore verlaat en almal se seatbelts laat losgaan. As jy dus agter kan sit, doen dit, want hoe verder jy agter sit, hoe kleiner is die gravitasieklap wat jy gaan kry. Die mense net na die ongelukkige eerste elf rye gaan ‘n klap van so 12G kry, en diegene nog nader aan die vliegtuig se gat kry so 6G.

Indien jy jou seatbelt dra en die brace position aanneem is jou kanse ook baie groter om te oorleef. Maar dit is ‘n bittersoet-affêre…

Die slegte nuus (wat nie heeltemal sleg is nie)

Besigheidsklas – Gefok in styl en gemak.

Sonder jou seatbelt aan is daar geen kans dat jy oorleef nie. Jy gaan papgeslinger word in die crash. Met jou seatbelt aan mag jy dit dalk oorleef, of jou lyk mag dalk net mooi intact in die seat bly. As jy die brace position aanneem gaan jy waarskynlik ‘n beter kans hê op oorlewing as die bra wat dit nie doen nie, maar die downside daarvan is dat jou enkels waarskynlik gebreek gaan wees (ook a.g.v. die brace position) en jy gaan dus bietjie sukkel om te loop. Wat ‘n probleem mag wees as die vliegtuigwrak begin brand.

Maar moenie dat ons jou afsit nie! Vlieg bly statisties die veiligste manier om te reis, so waarskynlik hoef jy nie te worry nie. Of so dink ons, ten minste. Hier’s dus ‘n gevaaalike tip: Dra jou seatbelt, assume the brace position, en wees fokken bly jy kan nie besigheidsklas bekostig nie.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *