Vrydag Bederf en Snorgustus Pryse

Die tyd het aangebreek dat ons vir julle bietjie meer info drop oor watter pryse julle gaan kan wen by Snorgustus 2011. Hoewel ek julle nog nie al die details kan gee nie (ons hou daarvan om spanning te bou), kan ek wel vir julle sê dat daar drie Jägermeister hampers en drie Klipdrift hampers weggegee gaan word. Befok, huh?

So waarvoor wag jy? Kry jou gat met jou snor en al jou pelle met hulle snorre by Aandklas op 27 Augustus vir Snorgustus 2011. Dit gaan die ultimate party wees. Onthou, dit is ook Posduif se verjaarsdag so voel vry om vir hom ‘n shot te koop. Tussen 18:00 en 21:00 die aand gaan jy ‘n shot Jäger kan optel vir net 14 skille. Dis reg ja, R14. Koop vir Posduif ‘n shot Jäger, koop vir enige van die gevaaalik.com crew ‘n Jäger, en maak seker om vir jouself ‘n Jäger te koop. Dan laat ons die poppe dans.

Maar genoeg oor Snorgustus vir nou. Hier is die Vrydag Bederf. Lekker naweek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"