Vrydag Bederf en slegte nuus

Kom ons kry die slegte nuus sommer dadelik uit die pad. Nog ‘n tragedie het die musiekbedryf getref hierdie week: Justin Bieber is lewendig gevind in sy woonstel. Okay, alle kak grappe op ‘n stokkie.

Hoeveel van julle sien ons hierdie jaar by Oppikoppi? Ek, Robbies, Posduif, en Piel van der Paal gaan maal onder die ander stowwerige vuilhonne by Oppikoppi 2011 Unknown Brother. Ons sal like om te weet wie gaan, sodat ons weet vir wie om op die uitkyk te wees. So as ons jou daar gaan sien, laat weet ons. Ek persoonlik kan nie wag vir David Kramer, Van Coke Kartel, Albert Frost, Die Antwoord en die Wedding DJs nie, onder andere. Dit gaan befok verby wees.

Hou gevaaalik.com vroeg volgende week dop vir die “Oppikoppi Survival Kit” post. Waar ons ons kennis deel met julle, sodat julle Koppi kan ten volle kan geniet. As jy enige tips of voorstelle het vir jou mede-gevaaalik.com-lesers, los dit asseblief in die comments, en ek sal seker maak om jou te credit en die info in die post te gooi.

Lekker naweek mense. O ja, en geniet hierdie week se Vrydag Bederf.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"