Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Van my vlug mis tot vonkelwyn en nougat

Travel met ‘n kind is heeltemal anders as toe dit net ek en my vrou was. Klein Ragnar weeg dalk minder as ‘n sesde van wat ek weeg, maar hy benodig sowat ses keer meer goed as wat ek doen vir ‘n week trip Kaap toe.

Die vakansie was nie regtig beplan nie (al dreig ons al vir ‘n hele ruk om weer vir almal wat ons ken in die Kaap te gaan kuier), maar toe MTL Car Hire and Tours gaaf genoeg was om aan te bied om vir my ‘n huurkar te leen vir die week, het ons maar plan gemaak. Dankie die gode MLT het vir ons ‘n iX35 Hyundai gegee, want soos ek sê Ragnar het baie kak om saam te ry.

Disclaimer: Hierdie is nie ‘n sponsored post nie. Ek word nie betaal om hierdie te sê nie. Maar MLT het die trip vir my gesin en ek moontlik gemaak deur vir ons ‘n family van te gee om mee rond te travel terwyl ons in die Kaap was, en dit is moerse nice van hulle. As jy meer wil hoor oor dit, ons praat daaroor op Willim Welsyn se podcast waar hy my interview.

Ek mis my vlug, vir die eerste keer ooit

Kom ons blameer dit maar loodreg op my eie stupidity. Ja, ons kan seker sê dit is oor dit die eerste keer was wat ons travel met Ragnar, maar watookal dit veroorsaak het die feit bly staan dat ons die oggend 05:30 op die verkeerde lughawe was. JHB International in plaas van Lanseria.

Dit is ‘n duur foutjie om te maak. Sien, FlySAUnfair het op albei lughawes vlugte Kaap toe gehad vir dieselfde tyd. Tog sou ek moes R2550 betaal as ek op die airy wou klim by JHB International eerder as Lanseria. Of ek kon gaan vir R1550 en dan vlieg ons eers 16:30 van Lanseria af. Aangesien die R2550 meer is as wat ons vir ons vlugte betaal het om mee te begin het ek maar die besluit geneem om eers daardie middag te vlieg.

Hier is die ding

Ja, dit is my skuld dat ons ons vlug gemis het. Ek meen, wie gaan na die verkeerde lughawe toe? En dus moes ek maar kak en betaal om my vlug te skuif. Maar, toe ons na ons week vakansie terug vlieg van die Kaap af, toe is ons vlug met meer as twee ure vertraag gewees, en dit is verseker nie my skuld nie. Tog het FlySAUnfair nie vir my ‘n fokken cent terug gegee van my geld wat ek betaal het om op ‘n sekere tyd te vlieg nie. Nie so fair nie.

Haal asem en tel tot tien

Ek het ‘n humeur probleem. Dus kan jy dink hoe kwaad ek was vir nie net myself nie, maar ook die hele situasie en die lugrederye wat geen simpatie het nie. Dus het ek getel tot by tien, so 1000 keer, deur die loop van die dag. Teen die tyd wat ons by ons Air BnB opgedaag het die aand 20:30 was ons almal uitgeput. Toe ek my kop neerlê en my oë toemaak toe sien ek nog steeds “1,2,3,4,5,6,7,8,9,10” voor my.

Die volgende oggend het ons besluit om Kirstenbosch aan te pak en na dit lekker middagete te eet by Ben’s on the Beach in Strand. Kyk, ek kan nou vir jou uitspel presies wat ons elke dag gedoen het, maar dit sal jou eindeloos verveel. Kyk eerder my YouTube video hier onder want dit som alles mooi op. Na daardie middaete by Ben’s het ek vir die eerste keer gevoel asof ek op vakansie is.

Video maak is nie vir sussies nie

Die gaan tien teen een die laaste YouTube video wees wat ek vir ‘n rukkie maak. Never mind die shoot van die video, die storie idee hê, die equipment saam met jou rond dra en al daai dinge is daar ook die aanmekaar sit na die tyd met editing. Die edit van een van my YouTube videos vat my gewoonlik so in die omgewing van 4-8 ure. Die keer het dit my aansienlik meer as dit gevat.

My laptop is nie gebou vir video editing werk nie en het dus vinnig sy voet neergesit en ‘n klomp van my footage corrupt in die proses. Ek het ook my GoPro laat val toe ek hom uit sy housing haal om die batery te change by J.C. Le Roux. Hulle fancy marblelite-vloere en my GoPro se lens het toe intiem kennis gemaak met mekaar en my GoPro het nou ‘n chip in die lens.

Dit het beteken dat my video nie was presies wat ek wou gehad het om mee te begin nie, vir ‘n klomp redes. Ek is opsoek na ‘n nuwe laptop wat video editing kan handle voor ek weer so iets aanpak. Die lewe is te kort om vir meer as n week te fokken sukkel met ‘n video maak. Tog het my vrou besluit dat ek nou vir elke vakansie so video sal moet maak, want dit sal lekker wees vir klein Ragnar om te sien as hy bietjie ouer is.

Sien julle gou weer

Selfs deur al die woede en die breek van goed, het my besoek aan die Kaap my weereens dankbaar gemaak. Dankbaar vir my vrou en my kind wat my verdra as ek gevaaalik.com (the job that never sleeps, and barely pays) goed doen terwyl ons op vakansie is. Dankbaar vir die vriende en familie wie ons kon sien en by wie ons kon kuier tydens ons kort besoek in die Kaap. Ek hoop ons sien julle gou weer.

You may also like...

2 Responses

  1. July 24, 2017

    […] kan ook lees oor hoe ek my vlug gemis het en meer, as jy wil. Loer net hier. Maar as jy die video kyk hier bo dan hoef jy nie te lees […]

  2. July 26, 2017

    […] Jy kan ook lees oor hoe ek my vlug gemis het en meer, as jy wil. Loer net hier. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *