Van Coke Kartel se laaste toer?
“Van Coke Kartel was ‘n mal rit. Vir baie jare was hierdie projek my en Francois se hoof fokus. Baie werk het hier ingegaan en ons het vir seker baie geleer. Dis hartseer om te dink dat dit nou alles tot ‘n einde kom. Ek is wel opgewonde om hierdie sirkus vir een laaste keer op die pad te neem!” – Wynand Myburgh
Ongelukkig is dit is waar. Een van daardie ding wat jy weet gaan een of ander tyd gebeur, is besig om te gebeur. Net soos die dood onvermydelik is, is dit onvermydelik dat jou gunsteling band op ‘n stadium gaan ophou musiek maak. Van Coke Kartel gaan op hul laaste toer en dan is dit verby vir die Kartel.
10 Jaar, 5 albums, ‘n hele paar line-up veranderinge, internasionale toere en open vir Metallica het Van Coke Kartel is net so paar van die hoogtepunte en lesse wat die band geleer het. Eks-dromspeler Jason Oosthuizen is terug vir Van Coke Kartel se laaste toer.
“Die band het heelwat verskillende tromspelers gehad oor die jare – ‘n totaal van 5, om presies te wees. Ons voel dat ons ‘goue jare’ die jare saam met Jason was. Tydens daardie tydperk was ons ongelooflik aktief en op ‘n ‘all-time high’. Dit het net natuurlik gevoel om die projek met hom op tromme te eindig.” – Jedd Kossew
As jy al ooit by ‘n Van Coke Kartel show as dan sal jy weet dat die live optrede is waar die band se regte magic voor en dag ok. Nie net het Van Coke Kartel awesom rock ‘n roll songs geskryf nie, maar hulle live show is iets om te beleef.
“Toe ek en Wynand Van Coke Kartel in 2007 begin het, was ons nog nooit in ‘n band waar ons die hoofskrywers was nie. Dit het baie harde werk gevat om daardie eerste albums te maak. Ek dink ons het ons vertroue gekry uit die feit dat ons geweet het dat, sodra ons die verhoog betreë, ons sou opmaak vir waar ons ookal met die liedjie-skryf ontbreek het. Toe Jedd by ons aangesluit het, het hy ons na ‘n nuwe vlak geneem en het onmiddelik baie bygedra tot die skryfproses. Hy dra nogsteeds so baie by met my solo werk.” – Francois van Coke
Van Coke Kartel se musiek sal nog vir jare beskikbaar wees op iTunes, Google Play, Spotify en vele meer, maar die live optredes kom tot ‘n einde nou met Van Coke Kartel se laaste toer. As ek jy was sou ek seker gemaak het ek vang Van Coke Kartel se laaste toer, of jy nou al die band live gesien het of nie dit sal die moeite werd wees. Ek weet ek gaan een van hierdie bittersoet shows verseker bywoon.
2007
2008
2009
2010
2011
2012
2013
2014
2015
Van Coke Kartel se laaste toer datums
Date: 14 July 2017
Venue: Arcade Empire, Pretoria
Address: 256 The Highway Street, Equestria
Contact: Rudolf 082 449 5144
Performance time: 23h00
Ticket price: R60 Early Bird (limited) + R80 pre-sale & R100 @ door
Purchasing tickets: https://plankton.mobi/Events/EventBooking/116fdf35-0c38-4e71-a386-c3ceb4d17bcb
Facebook Event
Date: 15 July 2016
Venue: Rumours Rock City, Cresta
Address: Cnr Weltevreden Road & Valley Lane, Cresta
Contact person: Fred – 079 825 7995
Performance time: 23h00
Ticket price: R60 Early Bird (limited) + R80 pre-sale & R100 @ door
Purchasing tickets: https://www.webtickets.co.za/event.aspx?itemid=1469977050
Facebook Event
Date: 16 July 2016
Venue: Atterbury Teater
Address: Lynwood Bridge Centre, Lynwood Road, Pretoria
Contact: Paulette 012 471 1702
Performance time: 18h00
Ticket price: R150 – http://online.computicket.com/web/event/jagermeister_presents_van_coke_kartel_the_final_tour/1138244080/0/79571992
Facebook Event
Date: 17 July 2017
Venue: Mystic Boer, Potchefstroom
Address: 72 James Moroka Street
Contact: Eloise – 018 293 1773
Performance: 23h00
Ticket price: R60 @ the door
Facebook Event
Date: 26 July 2017
Venue: Aandklas, Stellenbosch
Address: 43 Bird Street, Stellenbosch
Contact: Marcus – 021 883 3545
Performance: 22h00
Ticket price: R60 @ the door
Facebook Event
Date: 28 July 2017
Venue: Mercury Live
Address: 43 De Villiers Street, Zonnebloem, Cape Town
Contact: Tim Moolman – 0844447160
Performance time: 23h00
Ticket price R60 Early Bird (limited) + R80 pre-sale & R100 @ door
Purchasing tickets: https://www.webtickets.co.za/event.aspx?itemid=1469977200
Facebook Event
SKAKELS:
Webwerf: www.vancokekartel.co.za
Facebook: http://www.facebook.com/vancokekartel
Twitter: @vancokekartel
Musiekvideos: http://www.youtube.com/valkievancoke