Van Coke Cartel – Energie EP
Soms is jy net lus om bietjie terug te sit, te relax, stadig aan ‘n lekker koppie koffie te drink en terug te dink aan ‘n tyd waar dinge dalk ‘n bietjie makliker was. Well Van Coke Cartel het ten minste gesorg dat jy iets het om te luister wanneer jy so nostalgies wil raak. Hulle nuwe EP is gemaak uit 5 awesome covers wat op n 12” ruby red wax plaat gepress is vir jou om te geniet op 45RPM in jou platespeler en sal jou defnitief nie teleur stel nie.
So nou wonder jy seker vir jouself: As jy Van Coke Cartel is, hoe kies jy die 5 songs wat op die EP moet kom? Wel volgens Francois van Coke is dit redelik maklik – “Dis baie makliker vir ons om goeie songs vry te stel wanneer hulle alreeds goeie songs is.”.
Kom ons kyk na die songs op die EP:
1) Energie
“‘n Ou liedjie aan ‘n nuwe gehoor”, sê Dylan Hunt
Hierdie liedjie is heelwat persoonlik vir Van Coke Kartel. Francois sê dat die enigste Afrikaanse musiek waarna hulle geluister het tydens hul grootword jare, Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis sin was. Hulle het gevoel dat dit die enigste musiek was waarmee hulle kon assosieer. Wynand was destyds ook klankingeneur by van Kerkorrel se vertonings.
2) Help!
“Die Beatles is my gunsteling band van alle tye” sê Jedd Kossew well ek en Jedd het iets in gemeen want ek smaak ook die Beatles hulle is pretty much net great.
Francois en Jedd speel hierdie liedjie al vir ‘n hele ruk by hul solo acoustic Shows. Help! is die eerste kortspeler vanaf ENERGIE en dit sal ook die eerste keer wees dat Jedd ‘n hele vers sing in ‘n Van Coke Kartel liedjie.
3) I got you (I feel good)
Dan is daar ook tye wat jy net bietjie n teël wil smelt en n partykie hou en wat beter liedjie as I got you van James Brown.
Pasop om teveel pret te he terwyl hierdie een speel gevaaalik.com vat geen verantwoordelikhede vir enige pret aanvalle of belaglike dans moves wat hierdie song mag veroorsaak nie.
4) Got to give it up
Een van Francois se favourite liedjies wat hy met ons wil deel.
Francois is mal oor hierdie hele song. “Elke noot wat gespeel word op dit. Ek is lief vir die oorspronklike weergawe.” – Francois.
5) Born to die
Van Coke Cartel doen selfs ‘n pop cover met hulle eie spin op wat hulle beskryf as “Spaghetti Western-agtig”.
Jy kan die hele plaat by Permanent Record bestel en sal ook ‘n digital copy verniet saam kry mahala. Of jy kan net dit op iTunes download as jy een van daai weird mense is wat nie in die 70’s lewe nie.
Side A Side B
A1/Energie B1/Got to give it up
A2/Help! B2/Born to die
A3/I got you (I feel good)
Jägermeister & Music Connection bied aan: ENERGIE EP launch tour:
Datum: 15 Sept 2015
Plek: Aandklas
Adres: Birdstraat 43a, Stellenbosch
KONTak: 021 883 3545
Optrede: 23h00
Kaartjies: R50 Facebook: https://www.facebook.com/events/1079074668788115/
Datum: 16 Sept 2015
Plek: Mystic Boer
Adres: Kellnerstraat 84, Bloemfontein
KONTak: Etienne – 084 444 9028
Optrede: 22h00
Kaartjies: R50 Facebook: https://www.facebook.com/events/898559493571320/
Datum: 17 Sept 2015
Plek: Mystic Boer
Adres: James Morokastraat, Potchefstroom
KONTak: Eloise – 018 293 1773
Kaartjies: R50 Facebook: https://www.facebook.com/events/487565624751187/
Datum: 18 Sept 2015
Program: Van Coke Kartel, In Dreams, The Ts & Cs, Jonathan Peyper
Plek: Rumours Lounge
Adres: Shop 20 Palm Court, Corneliusstraat, Weltevreden Park Kontak: Fred – 079 825 7995
Optrede: 22h00
Kaartjies: R60 Facebook: https://www.facebook.com/events/492119760956169/
Datum: 19 Sept 2015
Program: Van Coke Kartel, Outlaw Empire, Pollinator, The Tazaers
Plek: Arcade Empire, Pretoria
Adres: The Highwaystraat 256, Equestria
KONTak: Rudolf – 082 449 5144
Optrede: 23h00
Links:
Website: www.vancokekartel.co.za
Facebook: http://www.facebook.com/vancokekartel
Twitter: @vancokekartel
Music videos: http://www.youtube.com/valkievancoke