The Rum Diary en Johnny Depp op guitar

Johnny Depp se nuwe fliek is oppad. The Rum Diary is gebaseer op die gelyknamige boek deur Hunter S. Thompson. As jy nie weet wie Hunter S. Thompson is nie stel ek voor jy gaan lees Fear and Loathing in Las Vegas. As jy nie hou van lees nie gaan kyk die fliekweergawe. Johnny Depp vertolk in Fear and Loathing in Las Vegas die rol van Hunter S. Thompson.

The Rum Diary was een van Hunter S. Thompson se eerste boeke. Depp speel weer die hoofrol in die fliek en dit lyk cool. Iets wat jy dalk nie geweet het van Depp nie is dat hy eintlik ‘n rockstar wou wees en musiek is eintlik sy eerste liefde. In die video hieronder kan jy vir hom die guitar sien speel in ‘n jam session saam met Keith Richards. Plus die trailer van The Rum Diary is ook daar vir dié wat belangstel.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *