The Grind Online Radio

The Grind RadioEen ding wat ons kort in Suid-Afrika is bietjie meer diversiteit as dit kom by radio. As jy enigsins ‘n rock of metal fan is dan sal jy dit beslis weet. Of as jy hou van blues, electro, indie, metal-core, dance musiek. Ons metal en rock fans het altyd vir Barney Simon op 5FM gehad op Sondae. Barney doen nou nog ‘n show op Jacaranda op Sondae, maar jy gaan nie Lamb of God daar hoor nie.

Dit is jammer vir twee redes. Een, daar is regtig ‘n groot groep mense wat nie hou van die poppy bull shit wat gespeel word op meeste radio stasies nie. Maar ‘n 24/7 metal stasie is ook bietjie onrealisties. Dus is The Grind die radio stasie wat gaan probeer om die gap bietjie te vul. The Grind Online Radio gaan meestal die musiek speel wat jy nie sommer op ander radio stasies gaan hoor nie. Uit verskillende genres.

Moet nie bekommer nie, jy sal ook Foo Fighters songs hoor wat jy al op 5FM of Tuks FM gehoor het. Maar die is online radio so dit is ‘n ander game. Dit is so anders dat selfs ek ‘n show gaan doen op die stasie. “Stix and Stoned” gaan my weeklikse show wees waar ek rock en metal musiek gaan speel. Tussen 14:00 en 16:00 elke Vrydag middag. Iets lekker om jou reg te kry vir die naweek.

Dus kan jy dink dat as hulle my met my uncensored bek ‘n gap gee, gaan hierdie nie jou average boring radio stasie wees nie. Dit is obviously nuut en ek is seker daar gaan nog baie geleer word, maar ons kort julle hulp ook. ‘n Groot deel van The Grind se goal is om te speel wat jy wil hoor, so julle moet laat weet wat julle wil hoor. Ons wil obviously ook die local music scene uithelp, so ons sal local musiek ook hoor. Ek gaan verseker Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Taxi Violence, Shadowclub, Die Antwoord speel. En nie die veergawes waar hulle vloekwoorde uit haal nie, die regte weergawe.

Jarryd doen elke weekdag oggend van 09:00 tot 11:00 “The Daily Grind” en Jade (van ons suster site Kombi Nation) doen die “Bitta this. Bitta that.” elke Maandag tussen 15:00 en 17:00.

So kom gee The Grind Online Radio ‘n luister. Dit begin vandag en speel van 09:00 in die oggend tot 21:00 in die aand. Maak voorstelle vir shows en laat weet wat julle wil hoor. Julle kan The Grind op Twitter follow by @GrindRadio en ook hulle Facebook page gebruik om voorstelle deur te stuur. Julle kan ook julle voorstelle direk vir my stuur.

Online radio is die toekoms van radio. Jy kan selfs nou al karre koop met plek vir ‘n data simkaart in die dash, sodat jy online radio kan luister in jou kar. Dit gaan jou min of meer 12-23mb per uur kos om te luister. Baie minder as ‘n 5 minuut Youtube video. Gaan nou na The Grind se website en click die “Listen Now” button.

I Wanna Rock

You may also like...

2 Responses

  1. D says:

    Hey guys, random vraag. Watse radio component of plugin het julle vir die gebruik?
    Een van my clients wat n radio station het wil ok online hulle show speel, gewonder of julle dalks tips op die kan gee.
    Thanks
    D

  2. Soutie says:

    Hey D – antfarm.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *