Tappit Techno Treffer: Special D – Come With Me

Die week se Tappit Techno Treffer is nie baie oud nie. Kom van 2004 af. Ou Special D se “Come With Me”. Ons was al almal dronk in ‘n club iewers as die Tappit Techno Treffer begin speel en vir een of ander rede werk dit. Ek dare jou om stil te staan terwyl die song speel. Special D is ook van Europa af, Duitsland as jy spesifiek wil wees. Soos ander groot dance acts (bv Scooter) is Special D groot in Nederland.

Special D Come With Me

Ahhh Holland, daar waar my hart lê en waar my voorouers vandaan kom. Julle met julle dagga wette, red light district en Tappit Techno Treffers maak dat ek my goed wil pak en gaan boom rook tussen die tulpe terwyl ‘n windmeul bo my kop draai. Alles met ‘n soundtrack van julle gusteling Tappit Techno Treffers.

Geniet die week se Tappit Techno Treffer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"