gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

29May/142

Puscifer – The Undertaker (Renholder Mix)

Posted by Ruan Stix Fourie

Maynard James Keenan Puscifer

Maynard James Keenan, voor van sy druiwe. Hy spandeer meeste van sy tyd nou aan wyn maak

Puscifer (uitspraak: poesiefer) is Mynard James Keenan se side project waar hy die enigste konstante lid van die band is. Amper so iets soos Trent Reznor met Nine Inch Nails. "The Undertaker" het ek die eerste keer gehoor op 'n Underworld soundtrack. My broer is nog altyd baie into movie soundtracks.

Dit is nog voor dat ek besef het wie Maynanrd James Keenan was en dat hy hierdie ander band gehad het met die naam Tool. Puscifer gaan nie vir almal wees nie. Moet ook nie vir 'n oomblik dink omdat jy 'n fan is van Tool en A Perfect Circle gaan jy dadelik aanklank vind by Puscifer nie. Dit is soms baie weird, maar dit is awesome.

31Jan/140

Nine Inch Nails – Copy of A Live

Posted by Ruan Stix Fourie

Nine Inch Nails Copy of A Live

Daar is glad nie 'n te kort aan Nine Inch Nails verwante artikels op gevaaalik.com nie. Trent Reznor is 'n musical genius. Waar meeste sogenaamde "digital musicians" net vreemde geluide bo-oor loop tracks gooi, het Trent Reznor die mould gebreek deur digital effects nie net op hul eie te gebruik nie maar dit te kombineer met ander musikale instrumente. As jy al gesien het hoe sy studio lyk sal jy bietjie beter verstaan wat ek meen. Trent Reznor het man alleen nuwe betekenis gegee aan die term 'digital music'.

Hier is 'n live optrede van "Copy of A". Lekker Vrydag tjoons.

22Jan/140

Josh Homme, Trent Reznor, Dave Grohl en Lindsey Buckingham vat saam die stage by 2014 Grammy Awards

Posted by Ruan Stix Fourie

Trent Reznor (Nine Inch Nails, How to Destroy Angels), Josh Homme (Queens of the Stone Age, Kyuss), Dave Grohl (Foo Fighters, Norvana) en spesiale gas Lindsey Buckingham (Fleetwood Mac) gaan die closing performance doen by die 56th Grammy Awards. Grammy executive producer Ken Ehrlich het die volgende te sê gehad oor die optrede:

There's nothing better than when the Grammys can rock out, and to have these artists all together on one stage, doing a number that, when they presented it to us, knocked us out, is going to turn out to be one of those Grammy moments that people talk about for a long time. Long live Trent, Josh, Dave and Lindsey and these great bands!

Nine Inch Nails, QOTSA, Dave Grohl and Lindsey Buckingham

So ver ek verstaan gaan Queens of the Stone Age, Nine Inch Nails, Dave Grohl en Lindsey Buckingham saam die stage vat vir die closing performance. Dit sal die eerste keer wees wat Queens of the Stone Age en Nine Inch Nails optree by die Grammy Awards. Dave Grohl wat al 13 Grammy Awards gewen het oor die jare is natuurlik geen vreemdeling aan die awards show nie. Grohl is ook die wat die spul bands saam trek want hy het al gewerk saam met Nine Inch Nails op die With Teeth album en was ook agter die dromme vir Queens of the Stone Age se Songs for the Deaf. Lindsey Buckingham het ook gehelp op die Nine Inch Nails album Hesitation Marks en natuurlik is die Fleetwood Mac self titled album ge-record by Sound City, die studio waaroor Grohl onlangs 'n documentary gemaak het.

Dave Grohl word die jaar vir 2 Grammy Awards genomineer: Best Rock Song vir "Cut Me Some Slack" en Best Compilation Soundtrack for Visual Media vir Sound City se Soundtrack. Queens of the Stone Age is ook genomineer vir 2 awards: Best Rock album vir ...Like Clockwork (kry defnitief my vote) en Best Rock Performance vir "My God is the Sun". Nine Inch Nails wat al twee Grammys gewen het word ook genominate vir die album Hesitation Marks as Best Alternative Music Album.

Ek is nie 'n groot fan van award shows nie, maar sal die een graag wil sien net vir die optrede aan die einde deur die great groep musikante. Hou maar gevaaalik.com dop vir die video van die optrede sodra hy beskikbaar is. Hier onder is die video van Grohl, Homme en Reznor wat saam 'n song gedoen het vir die soundtrack van die documentary Sound City.

4Jul/130

Nine Inch Nails – Came Back Haunted video

Posted by Ruan Stix Fourie

Nine Inch Nails het saamgespan met David Lynch om die video vir hulle nuwe single "Came Back Haunted" te maak. Trent Reznor het al van te saam met David Lynch gewerk aan 1997 se Lost Highway. Die nuwe video kom ook met 'n seizure warning, so as jy Epilepsie het wees versigtig as jy die video kyk.

Nine Inch Nails - Came Back Haunted

'n Behind the scenes foto van Trent Reznor en David Lynch tydens die maak van die video vir "Came Back Haunted"

Die nuwe Nine Inch Nails album, Hesitation Marks, is ook oppad. Dit sal die band se eerste full lenght wees van 2008 se Ghost I-IV en The Slip. Die band het ook die track list vir die nuwe album release en dit lyk as volg:

1) "The Eater of Dreams"
2) "Copy of A"
3) "Came Back Haunted"
4) "Find My Way"
5) "All Time Low"
6) "Disappointed"
7) "Everything"
8) "Satellite"
9) "Various Methods of Escape"
10) "Running"
11) "I Would for You"
12) "In Two"
13) "While I'm Still Here"
14) "Black Noise"

Hier is die video vir "Came Back Haunted". Wat dink jy?

5Jun/130

Nine Inch Nails nuwe single oppad ‘Came Back Haunted’

Posted by Ruan Stix Fourie

Na laas week se uitstekende nuus dat Nine Inch Nails se nuwe album klaar gerecord is kry ons die week nog goeie nuus van Trent Reznor se band. Die band stel 'n nuwe single, 'Came Back Haunted', more bekend deur radio. Dit sal tien teen een net op Amerikaanse radio gehoor word more, maar gelukkig vir ons is daar die internet. Dus sal dit nie lank wees voor ons die nuwe Nine Inch Nails in ons ore kan kry nie.

New Nine Inch Nails single

Lisa Worden (music director by KROQ in Los Angeles) was al gelukkig genoeg om die nuwe single te hoor en sy het die volgende te sê gehad oor die sound van die nuwe Nine Inch Nails track:

I think it’s in line with the first two albums. It’s got a great beat, it’s not the experimental material Trent’s done in the last five years.

Dit is presies wat ek wou gehoor het. As die nuwe Nine Inch Nails enigsins klink soos Pretty Hate Machine of The Downward Spiral (altwee daardie links gaan na kalahari.com toe waar jy die albums nou vir spot goedkoop kan kry en dan kry gevaaalik.com so paar rand) dan is ons almal in vir 'n treat. Gaandie die mood van die track het Worden die volgende gesê: "I wouldn’t say that it’s dance-y, but it does have a great beat, a groove. Trent really brought it with this song. It’s going to sound amazing to new fans and old. It’s just cool."

Vandat Nine Inch Nails so ruk terug bekend gemaak het dat hulle weer gaan begin toer het die band se line-up al klaar weer verander. Alex Avery (bass) het onlangs dit bekend gemaak dat hy die band gaan verlaat, hy is omtrent 'n week later vervang met ex-Nine Inch Nails guitarist Robin Finck. Hou more gevaaalik.com dop want ek sal die nuwe single hier deel sodra ek my hande op hom kry.

Page 1 of 3123
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers