Oppikoppi 2011 – Unknown Brother
Daardie wonderlike tyd van die jaar is weereens om die draai. Nee, ek praat nie van die somer nie. Dit is nog 'n tydjie voor dit gebeur. Nee, ek praat van Oppikoppi "Unknown Brother". Ja, dit is tyd vir stof, rock, suip en kuier by een van die beste festivals wat Suid-Afrika het van die vyfde tot die sewende Augustus.
Met bands soos Zebra & Giraffe, Van Coke Kartel, TUMI (Tumi & the Volume), Tidal Waves, The dead will tell, The Black Hotels, Sum 41 , Sipho "Hotstix", Mabuse, P.H.Fat, Not My Dog, Michelle Shocked, LARK (electro set), Karen Zoid, Jax Panik, Holiday Murray, Gazelle, FUZIGISH, Fulka, Frankie Fire, Die Tuin Dwergies, Die Antwoord, Desmond & the Tutus, David Kramer (feat Jack Parow, Francois v Coke, Laudo Liebenberg etc), Dan Patlansky, Chevelle, Bittereinder, Alleen na Desember, aKING, A fate like yours. Wel hoe doe fok kan jy dit wil mis? En ja, jy het reg gelees: Sum 41 en Chevelle gaan Oppikoppi ook hierdie jaar rock.

Ek, Posduif en Robbies het klaar ons kaartjies verseker. Jy kan jou kaartjie ook nou gaan koop by Ticketbreak. Dit gaan jou R550 rand kos, maar as jy kyk na al die bands wat jy kan sien terwyl jy daar is, is dit vir seker daardie pitte werd. So waarvoor fokken wag jy? Miskien loop jy ons nog op die kampterrein raak. (Ons sal die ouens wees wat die hardste party en die meeste teels smelt.)

