Lamb of God – Resolution resensie
Slayer, Pantera, Devil Driver en Lamb of God. Nie almal se smaak nie, maar as jy eers die smaak ontwikkel is dit moeilik om nie net heeltyd nog te soek nie. Lamb of God se nuwe album, Resolution, stel nie teleur nie. As jy metal soek met ongelooflike guitar, belaglike goeie drums (met die vinnigste double bass wat nie soos kak klink nie) en vocals wat jou hoendervleis gaan gee, dan is Resolution 'n album wat jy vandag nog moet koop.

Van hulle eerste album af is Lamb of God een van die tightest metal bands. Die bridges, guitar, dromme en vocals is alles perfek afgerond. Hierdie strek deur tot by Resolution. Die lirieke van Resolution is net so sterk as wat dit op Ashes of the Wake of Sacrament was. Randy Blythe se stem het nog 'n level opgeskuif. As jy dink hy skree net, probeer bietjie om net saam te skree deur een van die songs dan kyk ons of jy 'n stem oor het aan die einde. Chris Adler se dromme is so solid soos ooit en Mark en Willie laat ongelooflike ingewikkelde guitar baie maklik klink.
Resolution is vol snitte wat jy oor en oor gaan wil luister. Daar is vier snitte wat vir my uitstaan: "Guilty", "Ghost Walking", "King Me" en "The Undertow". Dit is wel baie moeilik om snitte uit te sluit hier, alles is goed van begin tot einde.
Lamb of God bly een van my gunsteling bands. En ek is baie bly dat ek hulle op grond van die nuutste album in daardie groepie kan hou. Kry vir jou Resolution en speel dit so hard as wat jou ore kan vat. Hier is die video vir "Ghost Walking".
Walk off The Earth – Somebody That I Used to Know
Jy ken sekerlik al die song "Somebody That I used to Know feat. Kimbra" van Gotye (ja, ek weet ook nie hoe mens dit uitspreek nie). As jy in Pretoria bly, ken jy dit beslis, want Tuks FM speel dit moer baie. As jy in 'n kompleks of woonstelblok bly of 'n huis deel met so paar ander mense het jy die song ook al baie gehoor. As jy nie het nie: Gotye - Somebody that I used to Know (feat. Kimbra).
Om eerlik te wees dit is 'n catchy tune en hy het al in my kop vasgesit. Maar nou het Walk off The Earth gekom met 'n cover wat briljant is. Die ou met die lang hare laat Gotye klink soos 'n Drakensberg-seunskoor-outjie en die blonde girl is fokken gevaaalik. Plus die manier hoe hulle die song speel is awesome. Geniet die video.
Suid-Afrika love Kongos en Vice Versa
Een ding is verseker, en dit is dat Suid-Afrika die Kongos love. Die goeie nuus is dat Kongos Suid-Afrika terug love. Elke show vir die Kongos se onlangse Suid-Afrikaanse toer was uitverkoop. Oral waar hulle gespeel het, was dit packed: by Park Acoutics, by Arcade Empire, en toe hulle verlede Saterdag in Hatfield gespeel het, was dit chaos. Check net hierdie foto oor Hatfield van die stage af toe die Kongos besig was om te speel.

As jy die laaste Park Acoustics gemis het waar die Kongos gespeel het, hier is 'n kort video deur ons buddies by Blimpfilms van die dag se aktiwiteite.
Wen RAMFest 2012 kaartjies
Al jou tjommies het RAMFest kaartjies. Jy is fokken jaloers want jy is 'n armgat en kan nie 'n kaartjie bekostig nie. Wel jou luck het sopas bietjie verander. gevaaalik.com het een Johannesburg kaartjie om weg te gee en ook een Kaapstad kaartjie om weg te gee.
Watse awesome bands kan jy alles by RAMFest sien in 2012?
RED HEART MAIN STAGE
22h30: INFECTED MUSHROOM (Israel)
20h30: IN FLAMES (swe)
19h15: THE NARROW
18h15: PESTROY
17h00: AWOLNATION (USA)
15h30: FOKOFPOLISIEKAR
14h30: CHROMIUM
13h30: SHADOWCLUB
12h30: NEWTOWN KNIFE GANG
OLMECA ELECTRONIC STAGE
20h00: DOUBLE ADAPTER
18h00: NETSKY dj Set Ft. MC Darrison (Belgium & UK)
17h00: NISKERONE
16h00: RUDEONE
15h00: TASHA BAXTER
14h00: DEEZIAK
13h00: BENSON
12h00: CUTKEYLOW
11h00: AMBUSH
Dit is net vir Johannesburg. As jy wil sien wat jy kan sien in Kaapstad volg die link: RAMFest CT
Al wat jy moet doen om in te skryf is te comment op die post en sê wat jy sal gee om die kaartjies te wen. Snaakste/mees kreatiefste comment wen. Sê ook net in die comment of jy 'n kaartjie vir JHB of CT se RAMFest wil hê. Maklik nê? Slaan dus jou kaartjie op gevaaalik.com los en ons spaar jou R350.
Jy moet natuurlik bo 18 wees om die kaartjie te wen. Kompetisie sluit Woensdag en ons sal die wenner op die week se Stoute Boudjies announce. Like ons op Facebook en volg ons op Twitter vir die nuutste updates.
Edit: Hierdie kompitisie is gesluit. Die wenners is klaar gekies. As jy die moeite gedoen het om die hele ding te lees sou jy seker dit al geweet het. Dit gaan nie help om meer te comment nie. Die kaartjies is klaar weg gegee.
AXEology professors gaan jou pakslae gee

Hierdie naweek het jy 'n verskoning om jouself sleg te gedra. Die rede sal wees dat jy die Campus Invasion party gaan bywoon en jy wil hê dat een van die AXEology 101 professors jou oor haar skoot moet trek. Andersins gaan daar ook hard geparty word en as die booze vloei raak die dames ook stout. Dit gebeur dié naweek in Hatfield square.

Dan is daar natuurlik so paar bands wat ook gaan speel. Van Coke Kartel, Kongos, Bittereinder en Yesterday's Pupil. Wat meer wil jy hê? Sexy dames? Check. Great live musiek? Check. Booze? Check. Party? Fok ja! Raak stout en sien jou daar! Dalk sien jy my nog Maandag in een van die foto's.

