gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

23Jul/134

Limp Bizkit – Ready To Go ft. Lil Wayne

Posted by Ruan Stix Fourie

Lim Bizkit het 'n nuwe video uit, "Ready to Go" en dit feature vir Lil Wayne. Nou ek is nie 'n fan van Lil Wayne nie (ek is nie 'n fan van enige persoon wat voel dit is nodig om Lil voor sy naam te sit nie) maar as dit kom by rappers is hy 'n regte bawler. Gelukkig is sy deel van die song relatief kort en dit is nie te kak nie.

Limp Bizkit Ready To Go ft. Lil Wayne

Dit is vanselfsprekend dat as jy nie 'n fan is van Limp Bizkit nie, die song niks vir jou gaan doen nie. Maar as jy soos ek in die laat 90's vroeg 2000's 'n tiener was wat Limp Bizkit geluister het gaan die werk vir jou. Die taal gebruik is soos altyd vol kru taal so as jy in 'n kantoor sit, gebruik maar jou oorfone. Daar is ook 'n gevaaalike dame. Goeie tye.

Tagged as: 4 Comments
25Jan/134

Limp Bizkit – Boiler

Posted by Ruan Stix Fourie

Ek het laas naweek die Saterdag oggend terwyl ek in 'n couch lock was weer Limp Bizkit se Chocolate Starfish and the Hot Dog Flavored Water ontdek. Vir die eerste keer in 'n lang tyd het ek die album van voor tot agter geluister. Ek is nogsteeds 'n Limp Bizkit fan. Die Chocolate Starfish and the Hot Dog Flavored Water is vol cool songs gewees. "Boiler" is een van daardie songs.

Limp Bizkit - Boiler

Van die ander songs wat jy dalk sal onthou van Chocolate Starfish and the Hot Dog Flavored Water is "My Generation" (as dit nie vir John Otto was nie sou ons nooit die Mathews bridge gekry het nie), "Take a Look Around" en "Rollin". Ek hoor baie die argument dat Fred Durst 'n doos is en ek stem saam, ek dink wel baie mense wat dit sê is net jaloers dat hy vir Britney Spears geraps het voor sy mal geword het en op daardie stadium was sy nog hot.

Plus Wes Borlan was nog op die guitar met die album, dit maak dinge al klaar baie beter. Fred Durst is dalk 'n doos, maar hy kan 'n catchy melody skryf. Die video vir "Boiler" is 'n weird een. Soos 'n slegte droop of bad trip. As jy die hele Chocolate Starfish and the Hot Dog Flavored Water album wil luister, dan kan jy hom hier stream, dit vat jou reguit terug na die jaar 2000 toe.

Limp Bizkit, yes of no?

2Jul/120

Limp Bizkit – Take a Look Around

Posted by Ruan Stix Fourie

Ek dink dit is nodig dat ons die week begin met 'n lekker feel good track en ek dink "Take a Look Around" van Limp Bizkit is die regte song vir die job.

Ek dink ek het die song die eerste keer gehoor toe ek 14 jaar oud was. 'n Vriend van my het die Mission Impossible 2 soundtrack gekry en "Take a Look Around" was een van die songs op die soundtrack. Later het ek vir myself Chocolate Starfish and Hot Dog Flavored Water gekoop. In daardie dae kon ek nie musiek koop so baie soos wat ek deesdae doen nie, so ek dink ek het daardie album vir seker vier maande geluister, oor en oor.

Nou die dag het ek weer "Take a Look Around" gehoor op Tuks FM en ek was verbaas dat ek steeds elke woord ken. Ek het die song so baie geniet ek het besluit om die week op gevaaalik.com af te skop met die video.

23Sep/110

Limp Bizkit – Gold Cobra

Posted by Ruan Stix Fourie

Ek is seker ek gaan baie backlash kry vir hierdie een. Nie baie mense erken meer dat hulle Limp Bizkit like nie. Ek het die nuwe album, Gold Cobra, nou die dag gekry en ek moet sê ek like dit. Dit vat my terug na my hoërskooldae van Chocolate Starfish and Hot Dog Flavored Water luister.

Fred Durst is 'n doos. Wes Borland is terug en jy kan steeds sien sy ouers het nie veel aandag aan klein Wes gegee toe hy grootgeword het nie. Maar Fred kan 'n song aanmekaar sit soos min ander mense en Wes het 'n baie unique manier van sy guitar speel. As jy ooit 'n fan was van Limp Bizkit sal jy die album geniet. As jy nie wil erken jy like hulle nie kan jy altyd die album luister sonder om jou vriende te vertel. As jy hulle nie like nie (of maak asof jy hulle nie like nie) is dit ook ok. Ek judge jou nie. Doos.

Of jy hulle like check die video. As jy hulle nie like nie, kyk steeds die video, daar is 'n dame wat in 'n bikini rondspring en sy lyk al te oulik in slow motion. Hier is die album title song Gold Cobra.

Page 1 of 11
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers